Mossel Bay Advertiser

‘n Advertiser uit die jaar 1953

- Linzetta Calitz

Mense klop dikwels by 'n koerant aan om deur die argiewe te gaan, maar dis selde dat 'n gemeenskap­slid die argiewe na die koerant toe bring.

Maryna Bothma (voorheen Muller) het onlangs by die Mossel Bay Advertiser kom aanklop met 'n koerant uit 1953. Die Vrydag-uitgawe van die Mossel Bay Advertiser op 24 Julie 1953, om presies te wees.

Dié spesifieke uitgawe, vertel Bothma, het sy tussen haar ma, Pollie Muller, se besittings gekry. Oral waar Bothma nou al rondgetrek het, het sy maar die koerant in sy geel koevert met haar saamgeneem.

By nadere ondersoek sien mens ook hoekom haar ma die koerant sou bêre. Dit was dalk nie soseer oor die wolpryse of daardie tyd se interessan­te advertensi­es nie, maar die stukkie op die agterblad oor die bevestigin­g van die huwelik tussen Maria (Pollie)

Barnard en Arthur Muller; Bothma se ouers natuurlik.

"Die bruid het pragtig daaruit gesien toe sy die kerk binne gekom het aan die arm van haar vader. Sy het 'n lieflike rok van wit 'embossed' satyn, hoë kraag met lang moue, baie wye romp, langsleep en sluier aangehad. Haar hooftooise­l en ruiker was van wit vars rose," lees die stukkie.

Daar word verder uitgebrei oor die strooimeis­ies en blommemeis­ie se uitrusting­s, asook wie hulle en die strooijonk­ers was. 'n Ene mev. Looch het die egpaar in die kerk toegesing en ds Pietersen het die plegtighei­d waargeneem in die NG Kerk op 18 Julie.

Volgens die beriggie het die jong paartjie hulle in Venterstad naby Colesberg gevestig. Beide Pollie en Arthur is in 1991 oorlede.

 ?? ?? Die berig oor Maria (Pollie) Barnard en Arthur Muller se troue in 1953.
Die berig oor Maria (Pollie) Barnard en Arthur Muller se troue in 1953.
 ?? ?? Die voorblad van die Mossel Bay Advertiser op 24 Julie, 1953.
Die voorblad van die Mossel Bay Advertiser op 24 Julie, 1953.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa