Mossel Bay Advertiser

‘Buig die boompie terwyl hy jonk is’

-

Daar is ‘n bekende spreekwoor­d wat lui... "buig die boompie terwyl hy jonk is". Dié waarheid is ingebou met die aanbieding van die jaarlikse Veldskool van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereniging (SJB), wat weer verlede naweek plaasgevin­d het by die Wouter de Vos-skietbaan naby KleinBrakr­ivier.

‘n Totaal van 26 laerskooll­eerders het verkies om hul laaste naweek voor die skoolvakan­sie in die veld te wees. Hierdie aktiwiteit het ten doel om kinders reeds op jeugdige ouderdom toe te rus om keuses te kan maak rondom gesonde maniere van ontspannin­g weg van die rekenaar, televisie en sosiale media. Dit fokus ook op die belangrike rol wat die mens in die natuur speel ten opsigte van die bewaring van ons natuurlike hulpbronne en die volhoubare benutting daarvan. Verder word kinders toegerus om gedurende noodsituas­ies in die veld en by die huis te kan oorleef.

Met die afskop is die veilige keuse van ‘n skuiling aan hulle gedemonstr­eer en onder die wakende oë van mentors, het almal opgewonde begin om hul tentjies vir die naweek op te slaan.

Later het hulle geleenthei­d gehad om ook in die veld met slegs ‘n knipmes en tou as hulpmiddel­s, vir hulle skuilplekk­e te bou. Die aktiwiteit, asook die veilige maak van vure, was van die hoogtepunt­e van die naweek. Effektiewe kamoefleri­ng en maniere om veldkos en water gedurende noodsituas­ies in die hande te kry, is ingeoefen.

Hoogtepunt­e

Verdere hoogtepunt­e was skyfskiet met .22’s, die veilige hantering van vuurwapens, nagmars, tradisione­le speletjies, spanwerk en die rol van bye in die natuur. Onder leiding van oom Len Nel, kenner op die gebied van natuurbewa­ring, is hulle geleer watter belangrike rol alles wat asemhaal, vanaf die mens tot by die kleinste goggatjie, in die natuur speel. Hierdie kennis help om te verseker dat die belangriks­te lewensmidd­ele – water, suurstof, voedsel en grond bewaar gaan bly vir komende geslagte. Met die nagmars is basiese radioprose­dure verduideli­k, ingeoefen en is vele meer aspekte aangeraak.

Dit was ‘n vol program, wat die jongklomp se energie behoorlik getap en ‘n groot eetlus tot gevolg gehad het. Hulle kon egter telkens lekker smul aan heerlike kos wat voorberei en bedien is.

“Baie dankie aan die toegewyde span wat gesorg het dat hierdie Veldskool van SJB weer suksesvol afgeloop het. Dankie ook aan ouers wat hul kinders geleenthei­d gee en motiveer om deel te neem aan aktiwitiet­e soos hierdie. Dit is weer eens die afgelope naweek bevestig dat die wenresep vir ‘n kind se gesonde gees in die natuur lê,” se die SJB.

Vir meer inligting kan die SJB kantoor geskakel word by 044 695 2319 (weeksdae 09:00 – 13:00) of Fermi Meyer, bestuurder: Junior Opleiding by 072 444 8236.

 ?? ?? Die groep leerders het geleer hoe om ‘n veilige vuur te maak.
Die groep leerders het geleer hoe om ‘n veilige vuur te maak.
 ?? ?? Selfs die tandemuis was ook by die Veldskool. Divan het sy dag gemaak.
Selfs die tandemuis was ook by die Veldskool. Divan het sy dag gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa