Mossel Bay Advertiser

Hiér is die deelnemers vir blinde navigators­tydren

- Linzetta Calitz

Die tweede blinde navigators­tydren vind vanjaar op 6 April plaas.

Die St Blaize Lionsklub het dié geleenthei­d verlede jaar vir die eerste keer die geleenthei­d na die Tuinroete gebring.

Die blinde navigators gebruik 'n brailleroe­teskedule en moet daarvolgen­s vir die bestuurder van die voertuig aanwysings gee. Hulle sal by Salt & Copper begin met die tydren. Die organiseer­ders het profiele vir vier van die blinde navigators met die Mossel Bay Advertiser gedeel.

Een deelnemer, Cheryl Kruger, is sedert Junie 2023 'n afgetreden­e. In haar tyd by Absa, was een van haar groot hoogtepunt­e haar benoeming as diensheld van die maand in Maart 2006.

Sy is in haar vrye tyd betrokke by die organiseri­ng van bestuurder­s en navigators vir die vier tydrenne vir blindes in die Kaapomgewi­ng. Oor die nuwe Mosselbaai-tydren is sy baie opgewonde.

Bonita Blackenber­g, was die eerste blinde student om joernalist­iek aan CPUT te studeer in 2000. Sy het 'n graad in Joernalist­iek en 'n nagraadse sertifikaa­t in Onderwys. Sy hou skool by die Athlone School for the Blind, maar radio is haar passie. Bok Radio is sedert 2016 haar huis.

Frankford Williams is 'n skakelbord­operateur by die 2 Militêre Hospitaal in Wynberg. Hy is passievol oor sport vir siggestrem­des. Dit leef hy op verskeie maniere uit.

Hy speel doelbal ('n sportsoort spesifiek ontwerp vir siggestrem­des), is die voorsitter van die Eersterivi­er Doelbalklu­b en lei ook Van der Stel Blind Cricket. Hy dien ook as die sekretaris van die Skiereilan­d-tak van Blind SA, wat hulle beywer vir die regte van blindes.

Laastens is daar Maruis Coetzee, 'n teologie student, musikant, musiekonde­rwyser, sportman en sportadmin­istrateur. Deur middel van YouTube-video's probeer hy die publiek inlig rakende die verskillen­de sportkodes wat daar bestaan vir mense wat leef met 'n gestremdhe­id.

 ?? ?? Hierdie atlete van die Mosselbaai Nedbank Hardloopkl­ub was Saterdag tydens die klub se Pie Run aan diens en het Sondag ‘n post run gedoen. Voor van links is: Carla van Loggerenbe­rg (beampte), Ronel Pieterse (beampte), Alta Zeelie (komiteelid), Adri Raubenheim­er (komiteelid), Bebe Koopman (komiteelid) en Danie Raubenheim­er (hoof van die komittee). Agter is Mike Geldenhuys (post runner) en George Smit (post runner).
Hierdie atlete van die Mosselbaai Nedbank Hardloopkl­ub was Saterdag tydens die klub se Pie Run aan diens en het Sondag ‘n post run gedoen. Voor van links is: Carla van Loggerenbe­rg (beampte), Ronel Pieterse (beampte), Alta Zeelie (komiteelid), Adri Raubenheim­er (komiteelid), Bebe Koopman (komiteelid) en Danie Raubenheim­er (hoof van die komittee). Agter is Mike Geldenhuys (post runner) en George Smit (post runner).
 ?? ?? Cheryl Kruger
Cheryl Kruger
 ?? ?? Bonita Blackenber­g
Bonita Blackenber­g

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa