Mossel Bay Advertiser

Barbarians wen riller stryd op D’Almeida Park teen Progress

- Charles Theunissen

Die Barbarians het hul klubrugbyb­epalings in die Suidwestel­ike Distrikte (SWD) se Premier Liga op hul D'Almeida Park-tuisveld op 'n positiewe noot afgeskop deur met 34-20 met Progress van George af te reken. Die tuisspan het met die rustyd reeds die oorhand met 17-6 gehad, maar 'n tydelike insinking in die tweede helfte het Progess binne trefafstan­d gebring toe hulle na twee vinnige doele die telling tot 24-20 gevoer het.

Die ergste van dié situasie was dat Progress in daardie stadium danksy 'n geel kaart met 14 spelers gate kon vind om twee keer agter die Babaas se doellyn te kon gaan kuier. Progress het in dié periode ernstige vrae gestel aan die Barbarians se verdedigin­g.

Dit was in direkte teenstelli­ng met 'n veel meer afgeronde vertoning in die eerste helfte waar die samespel tussen die voor- en agterspele­rs baie goed was en Progress met goeie verdedigin­g uit die tuisspan se doelgebied gehou is. Die Babaas was innoverend genoeg om drie goeie drieë te kon gaan druk in die eerste 40 minute.

Behalwe vir die insinking in die tweede helfte, het die Barbarians gelukkig gou weer hul ritme gevind en die wedstryd afgesluit deur met goeie hanteerwer­k nog twee keer agter die besoekers se doellyn te gaan afrond. Net twee van die Babaas se ses drieë kon verdoel word.

Die Barbarians is soos Progress met 'n geel kaart gestraf. Daar sal verseker aandag aan die dissipline gegee moet word omdat geel kaarte 'n al hoe groter impak op die finale uitslae van wedstryde begin speel.

Dit was nietemin 'n goeie afskop om die seisoen mee te begin en die Babaas kan met baie vertroue na die volgende kragmeting uitsien wanneer hulle oormôre in 'n wegwedstry­d teen George in George te staan kom. Met 'n paar verstellin­gs hier en daar behoort Barbarians as die gunsteling vir dié tweestryd aan te tree.

Die tweede en derde spanne het teen Progress ook goed vertoon en onderskeid­elik met 32-3 en 30-7 gewen.

 ?? Foto: Breyton Robertson ?? Shane Vaughn, woelige losvoorspe­ler van Barbarians, op die aanval teen Progress.
Foto: Breyton Robertson Shane Vaughn, woelige losvoorspe­ler van Barbarians, op die aanval teen Progress.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Outeniqua Park waar die wedstryd Vrydag 22 Maart tussen die SWD Arende en die Pumas plaasvind.
Foto: Eugene Gunning Outeniqua Park waar die wedstryd Vrydag 22 Maart tussen die SWD Arende en die Pumas plaasvind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa