Mossel Bay Advertiser

Goeie tellings by Mosselbaai Gholfklub word aangeteken

-

Skitterend­e tellings is op Woensdag, 28 Februarie, se gereelde Sakemanne-gholfdag by die Mosselbaai Gholfklub aangeteken. Roelof Engelbrech­t en Gert Pieterse wen die dag met vier punte, deur 'n telling van 73 gekombinee­rde stableford­punte te behaal. In die tweede plek was Rob Muller en Bronwen Powell met 'n telling van 69 punte en in die derde plek met 68 punte, Albie Ellman en Gary Brandt.

Die ervare Stephan Olivier speel 'n briljante rondte tydens Woensdag, 6 Maart, se Bounty Meats-dag en wen die dag met 42 individuel­e Stableford punte. Kort op sy hakke was die ewe ervare Pierre Meyer, Arrie van der Linde, Jannie Lourens en Wouter Kotze, wat almal 40 punte aanteken.

Op Woensdag, 13 Maart, het Mosselbaai Gholfklub 'n Betterbal houespelko­mpetisie aangebied. Erick Barkhuizen en sy spanmaat Elmar Noppe het die baan aan die brand gespeel en wen die kompetisie met 'n telling van 61.

Kort op hulle hakke was daar twee talentvoll­e spanne, wat onderskeid­elik die tweede en derde plekke ingeneem het, naamlik André Lambrecht en Sakkie

Morrison met 'n telling van 62 en Paul Brits en Pierre Botes ook met 62 en ná die uittel in die derde plek.

Saterdag kompetisie­s

Saterdagko­mpetisies begin vroeg in die oggend af te skop, wat 'n ideale geleenthei­d bied vir lede om hul naweek met 'n bietjie gesonde aktiwiteit te begin.

Die wenner van Saterdag, 2 Maart, se Vierbal Samespel teken 'n fantasties­e spantellin­g aan van 123 punte en neem die eerste plek in na 'n uittel.

Dié span is Malcolm Hyman, Seger du Plessis, Lucas Durant en Jaco Groenewald. Philip Smit, Kabous Pretorius, Johan Griesel en Arthur Percivale eindig in die tweede plek.

Op Saterdag 16 Maart moes die uittelform­ule weer eens ingespan by nog 'n Vierbal Samespel kompetisie (twee tellings) toe twee spanne met 92 punte gelyk geëindig het. Ná die uittel is Erick Barkhuizen, Elmar Noppe, Anna Faasen en Ertjies Noppe as die wenners aangewys met Francois de Villiers, Hanlie de Villiers, Peter van der Zee en Bronwyn Powell in die tweede plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa