Mossel Bay Advertiser

Kerkstraat­en ander waarneming­s

- Linzetta Calitz

Vir die wat nie weet nie, die Mossel Bay Advertiser-kantoor sit in Kerkstraat met sy swaar houtdeure wat straat toe kyk. Ek en my kollegas sit lekker en luister na die mense wat hier verby stap. Dit sluit nou sê-goed, musiek, aksente en meer in.

Party mense hou mos so baie van hulle musiek, hulle speel (of síng) dit sommer vir almal. Net nou die dag was dit "Black Velvet" van Alanis Morissette wat oor 'n luidspreke­r speel. Dié een kon ek darem herken. Ander liedjiekeu­ses fokus baie meer op die eh... ritme, as die woorde. 'n Paar dae daarna loop iemand en sing "A moment like this" uit volle bors.

Dit gaan so iets:

Some people wait a lifetime for a moment like this

Some people search forever for that one special kiss

Oh, I can't believe it's happening to me Some people wait a lifetime for a moment like this

Geen idee of hulle hul moment gekry het of nog vir hom wag nie, en ek moet sê, hulle is nou nie noodwendig 'n kunstenaar wat ek op my playlist sal sit nie, maar vir 'n paar versreëls deur die kantoordeu­r, was dit glad nie te sleg nie. Ek beny hulle eintlik die selfvertro­ue.

Dan het ons ook natuurlik gesprekke (monoloë is dalk meer akkuraat) wat minder sosiaal aanvaarbaa­r is, maar nietemin plaasvind. 'n Paar van die stemme herken ons al as regulars. Soos hulle op stap met die straat, word almal en hulle ma uitgejou (die immergewil­de p-woord kom gewoonlik sterk deur). Dan, so paar minute of ure later kom hulle weer af en is die doodse stilte van self. Ons wonder altyd wat het bo in die straat gebeur...

Die aksente wat van die skepe afklim is ook altyd pret. Veral om die minder bekendes te raai. 'n Amerikaner se aksent kan jy gewoonlik sommer van ver af al hoor. Die Duitsers ken mens ook heel maklik uit.

As jy al ooit ingebel het en ons vra dat jy jouself herhaal, verskoon tog, daar ry ook heelwat swaarvoert­uie hier vlak voor ons verby.

Of dit nou vanuit Kerkstraat kom, of iets is wat jy toevallig in die verbygang hoor/sien, mens hoor en sien darem maar partykeer die vreemdste/snaaksste/ interessan­tste dinge as jy net luister of oplet.

Ek was so rukkie terug in een van die sentrums se parkeerare­as toe ek opmerk hoe 'n skaam dogtertjie aan haar ma se hand klou terwyl sy vir 'n oom 'n geldjie gee. Daar is dikwels die argument oor of 'n mens vir haweloses moet geld gee of nie, maar hier kies ek om 'n mooi kinderhart te sien wat bloot 'n oom wou help.

Onverwagse kompliment­e kan ook goed afgaan. Ons ry so rukkie terug by 'n restaurant weg en net so voor die hek merk 'n jong vrou skielik langs my pa se venster op: "Oom, ek laaik jou bakkie." Ek is redelik seker sy was 'n paar drankies in, maar heel duidelik ook 'n bakkie-entoesias. Hoe dit ook al sy, die "oom" het dit waardeer en lekker gelag. So deel maar volgende keer daardie kompliment in jou kop hardop - die oom of tannie of wie ook al sal waarskynli­k met 'n glimlag daar weggaan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa