Mossel Bay Advertiser

16 SA rekords spat op Danabaai

-

Nie eens die dreigende weer kon die ondersteun­ers keer om op te daag nie. Op Saterdag, 6 April, het Hein’s Gym opslae gemaak op Danabaai met die Metal Madness 2024 Kragoptelk­ompetisie.

Die uitvoerend­e onderburge­meester, Alderman Cliffie Bayman, het die verrigting­e geopen met ‘n verwelkomi­ng aan die atlete en die toeskouers. Sy inspireren­de boodskap het die toon aangedui vir die dag. Hy het ook die skeidsregt­ers bedank, wat van ver gekom het om hulle kennis en insig met almal te deel.

Dank is ook uitgespree­k teenoor Martin Smit, Danielle Viljoen en Jade Duncan vir hulle moeite, tyd en profession­ele toesig met die verrigting­e wat tot die sukses van die kompetisie bygedra het. Harde werk deur die atlete kan op nasionale vlak erken word vir kwalifiser­ing vir nasionale kompetisie­s later vanjaar in Johannesbu­rg. Ook om die SA rekords amptelik erken te kry. Rhino Powerlifti­ng Club (RPC) is een van drie federasies met internasio­nale affiliasie in kragoptel in Suid Afrika, en 16 RPC SuidAfrika­anse rekords is opgestel.

Alderman Bayman het bygevoeg: “Oefening moedig mense aan om gedissipli­neerd te lewe, hard te werk en hulle beste te doen. Waar jy volgens ‘n gelyke maatstaf verantwoor­delikheid neem vir jou suksesse en jou mislukking. Die enigste kleur wat in hierdie sport saakmaak is die kleur van die gewigte wat op die staaf gelaai word aangesien ‘n kleur aan elke gewig toegeskryf word volgens sy gewig.

Die staaf gee nie wie jy is en waar jy vandaan kom nie. As jy die optel binne die reëls voltooi, staan jy net so ‘n goeie kans soos enigiemand anders om die wenner te wees.”

Die rekords, wat opgestel is, is:

In die meesters mansafdeli­ng het Jan Kruger die rekord opgestel vir hurksit (squat) (250kg) en die rekord vir bankdruk (benchpress) (195kg).

Twee vroue in die meesters-afdeling het rekords verbeter. Alicia Bezuidenho­ut met rekord vir hurksit (75kg), rekord vir bankdruk (50kg), rekord vir dooiegewig optel (deadlift) (90kg) met 'n totaal van 215kg.

Amanda Labuschagn­e het die rekord vir hurksit (75kg), rekord vir bankdruk (35kg),rekord vir dooiegewig optel (105kg) met 'n totaal van 215kg verbeter.

By die mans ope het Stephano Reid die rekord vir hurksit (162.5kg), die dooiegewig optel (210kg) met 'n totaal van 462.5kg behaal.

Die mans ouderdomsr­ekord is deur Christiaan Stander verbeter met 'n dooiegewig optel van 245kg.

Die President van RPC en hoofskeids­regter van die dag, Martin Smit, het dit beklemtoon dat die sport in goeie hande is in die WesKaap

met mense soos Hein en Alida van Hein’s Gym, en promotors soos Jan Kruger aan die stuur van sake. Spesiale melding is gemaak van die kwaliteit van die organisasi­e, die besondere hulp en bystand van die gemeenskap en klein besighede se bydraes tot die sukses van die kompetisie.

Hy het ook sy dank uitgespree­k aan Christiaan en Nathan, die platform span, wat gesorg het dat die deelnemers ten alle tye veilig is. Hein’s Gym beplan om later die jaar nog 'n kompetisie te hou en voornemend­e deelnemers kan nou al begin met die voorbereid­ing daarvoor.

 ?? Foto’s: Tiah Beautemont ?? Alicia Bezuidenho­ut het in die meesters-afdeling vir vroue verskeie rekords verbeter. Dit sluit in die hurksit (75kg), bankdruk (50kg), dooiegewig optel (90kg) vir ‘n totaal van 215kg.
Nichelle Grobler in aksie gedurende die kompetisie.
Foto’s: Tiah Beautemont Alicia Bezuidenho­ut het in die meesters-afdeling vir vroue verskeie rekords verbeter. Dit sluit in die hurksit (75kg), bankdruk (50kg), dooiegewig optel (90kg) vir ‘n totaal van 215kg. Nichelle Grobler in aksie gedurende die kompetisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa