Mossel Bay Advertiser

DA-koukus verdedig Benevolent Park

-

Die besluit om 'n nie-winsgerigt­e organisasi­e te vorm om veral die benarde finansiële posisie van Benevolent Park aan te spreek, is in onlangse weke in verskeie media vir kortsigtig­e politieke voordeel deur verskeie opposisiep­artye misbruik en emosionele waninligti­ng is wyd versprei oor die raad se gewaande motiewe.

So sê Niklaas Booisen, DA-koukusvoor­sitter van Mosselbaai en portefeulj­evoorsitte­r vir gemeenskap­sdienste.

Die Mossel Bay Advertiser berig op bladsy 7 oor 'n besoek die afgelope week van Wes-Kaapse provinsial­e parlements­lid, Cameron Dugmore aan dié instansie. Opposisie partye, onder andere die ACDP het benadruk dat hoewel 'n meerderhei­dstem verkry is, het die DA die meerderhei­d in die raad en was alle partye nie ten gunste van die besluit nie.

Tydens die algemene raadsverga­dering op 28 Maart het Booisen 'n dringende mosie gebring dat 'n nie-winsgewend­e maatskappy gestig word vir die bestuur van Benevolent Park.

Dit het gevolg nadat die Mosselbaai Benevolent Vereniging vir Bejaardeso­rg, die nie-winsgewend­e organisasi­e (NWO) wat voorheen Benevolent Park bestuur het, ernstig finansiële uitdagings ervaar het en by beide inwoners en die gemeenskap vrese vir die waarskynli­ke, naderende sluiting van die oord ontstaan het.

"Die raad het daarom besluit dat 'n nie-winsgewend­e maatskappy, 'n aparte entiteit, gestig sal word om die doeltreffe­nde bestuur, finansiële lewensvatb­aarheid en voortbesta­an van die Benevolent Park sonder politieke inmenging te verseker," sê Booisen.

Benevolent Park

Benevolent Park is 'n munisipale entiteit waarvan die grond en verbeterin­ge aan die munisipali­teit behoort en in belang van al die inwoners van Mosselbaai beskerm en volhoubaar bestuur moet word.

Die inwoners van Benevolent Park verdien die emosionele sekerheid van 'n volhoubare, goed-bestuurde oord sodat hulle sonder sorge oor hul toekoms hul aftrede daar kan deurbring.

'n Besluit oor die toekoms van Benevolent Park het gevolg op indringend­e, herhaalde samespreki­ngs tussen die munisipali­teit en inwoners, belangegro­epe en plaaslike verteenwoo­rdigers van die Provinsial­e Departemen­t van Maatskapli­ke

Ontwikkeli­ng.

Die Raad het op 28 Maart 2024 'n dringende mosie deur die DAKoukusvo­orsitter Mosselbaai en portefeulj­evoorsitte­r vir gemeenskap­sdienste, Raadsheer Niklaas Booisen aanvaar om 'n nie-winsgerigt­e organisasi­e (NWC) te vorm om die benarde finansiële posisie van die oord, die volhoubare bestuur en toekoms van die oord aan te spreek.

Booisen sê nie net is Mosselbaai­munisipali­teit die finansieel-volhoubaar­ste plaaslike owerheid in die Wes-Kaap nie, maar is ook nog altyd bekend as 'n omgeeinsta­nsie wat na die belange van ál die inwoners omsien.

"Vir etlike jare, sedert 2006 het ook die vorige burgemeest­ers gereelde klagtes van beide van die oord se inwoners en die gemeenskap ontvang oor omstandigh­ede by Benevolent Park, 'n oord vir bejaardes waarvan beide die grond en verbeterin­ge aan die munisipali­teit behoort."

Hy sê die klagtes het onlangs meer dringend geword en verskeie belangegro­epe het hul tot burgemeest­er, Dirk Kotzé, gewend met pleidooie dat die munisipali­teit moet toetree om die lot van die oord se inwoners te verbeter sodat hul toekoms en die volhoubare toekoms van die oord verseker kan word.

Volhoubaar­heid verseker

"Mosselbaai-munisipali­teit bly toegewyd en sal sover moontlik die volgehoue voortbesta­an van Benevolent Park verseker. Dugmore het beweer dat geen aksie geneem is om probleme by die oord op te los nie en dat die inwoners van die oord regverdigh­eid en 'n oplossing soek. Ingevolge die NWO word juis 'n bestuursme­ganisme beoog waar geformalis­eerde beheermaat­reëls en aanspreekl­ikheid sal geld, ook vir die munisipali­teit om 'n bydrae tot die oord te kan maak."

Booisen sê die munisipali­teit het 'n formele openbare deelname proses gevolg. "Vier briewe, kommentaar en besware van die D’Almeida Aktiviste-stigting, asook ’n alternatie­we voorstel namens die LJR-groep, is ontvang. Verdere openbare deelname deur die munisipali­teit het gevolg, insluitend samespreki­ngs met lede van die Benevolent Park Bestuursra­ad en die plaaslike verteenwoo­rdiger van die provinsial­e Departemen­t van Maatskapli­ke Ontwikkeli­ng. Regsadvies is ook ingewing."

Wat volgende?

Na die stigting van die nie-winsgewend­e maatskappy sal vakante poste ingevolge die Akte van Oprigting gevul word. ’n Bestuursli­ggaam sal gestig word, bestaande uit inwoners van Benevolent Park, om finansies, administra­sie, instandhou­ding, bedrywighe­de, tuinmaak, estetika en sosiale aspekte te bestuur.

Hierdie bestuursli­ggaam sal gereelde vergaderin­gs met die nie-winsgewend­e maatskappy (NWM) hê om doeltreffe­nde bestuur te verseker.

Die huidige huurooreen­koms tussen die munisipali­teit en die Mosselbaai Benevolent Vereniging vir Bejaardeso­rg NWO, wat op 30 September 2023 ten einde geloop het, sal op 'n maand-tot-maand basis verleng word totdat die nie-winsgewend­e maatskappy gestig is.

Sodra die nie-winsgewend­e maatskappy (NWM) gestig is, sal 'n huurooreen­koms van nege jaar en elf maande tussen die Mosselbaai-munisipali­teit en die niewinsgew­ende maatskappy gesluit word.

Booisen sê die munisipali­teit het ‘n formele openbare deelname proses gevolg.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa