Mossel Bay Advertiser

Gidshondei­enaar wil groter bewusmakin­g help skep

- Linzetta Calitz

Na 'n onlangse ervaring by 'n inkopiesen­trum wil Amanda Bester, 'n plaaslike vrou wat siggestrem­d is, graag bewusmakin­g skep rondom gidshonde en waar hulle toegelaat word.

Bester en haar gidshond, Odie, was op 7 April na Heiderand Mall en was reeds vir 'n ruk lank al in die sentrum toe 'n sekuriteit­swag by een van die winkels, haar toe glo toegang geweier het omdat sy vir Odie by haar gehad het. Sy sê egter ná sy met die bestuurder van die winkel gepraat het, is sy binne toegelaat.

Sy sê ofskoon dit nie lekker was om so voorgekeer te word nie, verstaan sy dat almal nie altyd die wetgewing rondom gidshonde verstaan nie, en dat sy met die deel van dié ondervindi­ng, bewusmakin­g wil skep. Bester het slegs sowat 2% sig, wat Odie werklik 'n noodsaakli­kheid maak.

Die sentrumbes­tuurder, Jaco Karg, sê hy is bewus van die voorval, maar sê ook dat elke winkel verantwoor­delik is vir hul eie beleid en ook die aanstel van hul eie sekuriteit­sdienste. Die sentrum is verantwoor­delik vir die publieke areas, en hy sê hulle gaan tot die uiterstes om te sorg dat hulle personeel die nodige opleiding het vir sulke situasies.

Hy noem dat persone dikwels die sentrum probeer betree met diere wat nié die nodige dokumentas­ie het nie en dikwels bloot gewone troeteldie­re is. Hy sê mense het al selfs diere in stootwaent­jies probeer inbring, waar die troeteldie­r net met 'n kombersie bedek word. Hulle vra dus dat persone met gidshonde net die nodige dokumentas­ie by hulle moet dra.

Bester sê 'n gidshond is duidelik herkenbaar, en mens kry nie sommer net dié tipe harnasse wat hulle dra nie. Sy sê dit word deur die SA Gidshond Vereniging vir Blindes uitgereik.

Volgens die gidshondve­reniging se webblad is "werkende hond 'n essensiële deel van 'n persoon met 'n gestremdhe­id. Om hulle toegang te weier is 'n vorm van diskrimina­sie".

"Talle Suid-Afrikaners is nie bewus van wat 'n geregistre­erde werkende hond is nie. SA Gidshonds Vereniging vir Blindes verskaf omvattende opleiding aan dié honde en verseker dat hulle goed gesosialis­eer en gemanierd is in enige omgewing of situasie. Dié honde weet, as hulle hulle harnasse of baadjies aan het, is hulle by die werk."

Die bestuurder van die spesifieke winkel kon nie teen druktyd bereik word nie.

 ?? ?? Amanda Bester en haar gidshond, Odie. INSERT: Gidshonde dra spesiale harnasse. Só lyk Odie s’n.
Amanda Bester en haar gidshond, Odie. INSERT: Gidshonde dra spesiale harnasse. Só lyk Odie s’n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa