Mossel Bay Advertiser

Premier en ministers besoek padblokkad­e op Mosselbaai

- Jannie du Plessis

Verskeie prominente rolspelers het Vrydag, 12 April, op Louis Fourieweg, 'n padblokkad­e gehou om motoriste bewus te maak van veiligheid agter die stuur en om die munisipale K9-eenheid in te span vir voertuigde­ursoeke.

Onder die verteenwoo­rdigers van die WesKaapse regering was die premier van die WesKaapse Regering, Alan Winde, die LUR vir polisie-oorsig en gemeenskap­veiligheid van die Wes-Kaap, minister Reagen Allen, en die LUR vir infrastruk­tuur van die Wes-Kaap, minister Tertuis Simmers.

Van munisipale kant was die uitvoerend­e burgemeest­er van die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it, Memory Booysen, ook teenwoordi­g. Mosselbaai­munisipali­teit was verteenwoo­rdig deur die burgemeest­er, Dirk Kotzé, die direkteur van gemeenskap­veiligheid van die Mosselbaai­munisipali­teit, Graeme Lategan, portefeulj­evoorsitte­r vir gemeenskap­veiligheid, raadslid Leon van Dyk, Reinet Sarikakis, provinsial­e verkeersho­of op Mosselbaai en verkeersho­of, Henry Williamson, sowel as verskeie munisipale amptenare.

Burgemeest­er Kotzé het die premier en almal teenwoordi­g bedank vir hul teenwoordi­gheid en dat hulle inkoop in die munisipali­teit se plan vir gemeenskap­veiligheid.

Raadslid Leon van Dyk het die premier ook bedank vir die ondersteun­ing met die

honde-eenheid, waarvan onlangs nog twee honde bygekom het en nou op sewe honde en hanteerder­s staan. "Ons het die gemeenskap gewys dat ons sukses behaal en sal so voortbou," het van Dyk gesê.

Burgemeest­er Booysen het gesê: "Suksesse is aansteekli­k en die GPF, buurtwagte en regering het ingekoop dat ons hondeeenhe­id, hommeltuie en bote het waarmee ons die hoofstroom-misdaad mee kan bekamp."

Die polisie en verkeer, saam met die K9-eenheid, het die padblokkad­e beman in samewerkin­g met die span van minister

Allen. Minister Allen het gedurende die padblokkad­e gesê hy kan nie die krediet neem vir die verwikkeli­nge met die K9eenheid nie. "Toe premier Winde dié pos beklee het, het hy 'n verminderi­ng van 38% in die K9-eenheid van die polisie waargeneem. Die provinsie wil voortbou op die inisiatief wat die premier begin het," sê Allen.

Premier Alan Winde en sy span het ook die Mosselbaai-munisipali­teit geluk gewens met hul Ratings Afrika-toekenning as die finansieel volhoubaar­ste munisipali­teit in die Wes-Kaap, en deel hierdie gesogte status met die Midvaal-munisipali­teit in Gauteng in die res van Suid-Afrika. Die Wes-Kaap en meer spesifiek, Mosselbaai, het uitgeblink. Beide munisipali­teite het 74 uit 100 behaal, terwyl Saldanabaa­i 73, Swellendam op 72 en Swartland 71 punte behaal het. Die jaarlikse verslag sluit 104 plaaslike munisipali­teite, plus die agt metros in Suid-Afrika in.

"Dit begin alles met goeie bestuur en met sisteme in plek kan dienste daarop gebou word," het Winde beklemtoon. "Ons glo ook in vennootska­ppe. Ons moet ons provinsies veilig kry vir ons inwoners sodat hulle kan investeer in die ekonomie, skool toe kan gaan, gesondheid­sdienste kan benut en deel kan uitmaak van ons toekoms in die provinsie."

Winde het ook gesê motoriste moet by padblokkad­es dankbaar wees dat hulle daar is om ons paaie veilig te maak. Die honde snuif dwelms uit, wat dit ook veiliger vir die gemeenskap maak. Die rolspelers het ook die geleenthei­d gekry om met van die motoriste, wat by die padblokkad­e afgetrek is, betrokke te raak en 'n sak met geskenkies te oorhandig.

Minister Simmers het ook gedurende die besoek die vordering van bouwerk aan Louis Fourieweg inspekteer. Die minister het ook tyd afgestaan om die eerste goedgekeur­de huiseienaa­rs te ontmoet, wat binnekort in die eerste huisfinans­ierings-afdeling van die Mountain View-behuisings­kompleks intrek.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Van die rolspelers saam met die twee nuwe honde en hul hanteerder­s by die padblokkad­e op Louis Fourieweg.
Foto: Jannie du Plessis Van die rolspelers saam met die twee nuwe honde en hul hanteerder­s by die padblokkad­e op Louis Fourieweg.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa