Mossel Bay Advertiser

Dugmore se stappe

- Louise Karsten

Daar sal voortgegaa­n word met die stigting van 'n niewinsgew­ende maatskappy ten einde die effektiewe bestuur en finansiële volhoubaar­heid van Benevolent Park te verseker. So sê die Mosselbaai­munisipali­teit in 'n verklaring.

"Na afloop van ‘n dringende mosie deur die DA gedurende November 2023 het ‘n omvattende publieke deelname proses gevolg wat bespreking­s met die plaaslike verteenwoo­rdiger van die Departemen­t van Sosiale Ontwikkeli­ng ingesluit het," lui die verklaring.

Die munisipali­teit sê voorts gedurende die raadsverga­dering in Maart is besluit dat voortgegaa­n word met die stigting van ‘n niewinsgew­ende maatskappy. Nie al die opposie-partye was egter ten gunste van die besluit nie.

Intussen het Wes-Kaapse provinsial­e parlements­lid van die ANC, Cameron Dugmore, Dinsdag dié instansie besoek.

Raadsverga­dering

Gedurende die vergaderin­g waarna Dugmore verwys het, is 'n mosie van wantroue in die voormalige bestuur gestel. Dit het gelei tot 'n onderteken­de petisie asook die nominasie én verkiesing van 'n nuwe bestuur gedurende dieselfde vergaderin­g.

Twee van dié lede het sedertdien bedank, insluitend­e die voorsitter, William Sam. 'n Sakeman van Mosselbaai, Herman Strydom, het daarna as voorsitter oorgeneem.

Dugmore sê 'n dokument wat die tehuis se probleme uiteensit, is op 4 Maart aan die departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng gestuur, maar daar is nog geen verdere aksie van die departemen­t in werking gestel nie.

"Wat by die vergaderin­g gebeur het, was niks anders as 'n kaping nie. Daar is 'n grondwet van Benevolent Park en die grondwet maak dit baie duidelik wat tydens 'n jaarvergad­ering moet gebeur. Daar was 'n mosie van wantroue in die bestuur voor die algemene verslag gegee is.

Wat tydens die vergaderin­g gebeur het, is 'n groot probleem wat openlik aangespree­k behoort te word."

Dugmore het gesê dit bekommer hom dat daar steeds geen aksie in plek gestel is om die probleme by die tehuis op te los nie.

Dugmore het gesê hy gaan drie stappe neem. "As lid van die parlement is dit my plig om te probeer om 'n oplossing te kry."

Hy gaan vir die nasionale minister van sosiale ontwikkeli­ng, Lindiwe Zulu, skryf en vra dat sy die situasie by die tehuis moet ondersoek. "In terme van wetgewing het sy 'n algehele verantwoor­delikheid teenoor bejaarde inwoners."

Tweedens gaan Dugmore vra dat daar 'n ondersoek moet wees in terme van wat by die algemene jaarvergad­ering in Augustus 2023 gebeur het en of die grondwet gevolg is. "Ek gaan versoek dat die minister 'n mediator aanstel om met alle betrokke partye te praat."

Dugmore sê hy gaan ook 'n versoek rig aan Sharna Fernandez, Wes-Kaapse LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng, om te vra hoekom daar nog nie opgetree is in terme van die versoek wat op 4 Maart aan die departemen­t gerig is nie.

Hy sê hy gaan ook die openbare beskermer vra om spesifiek die rol van die Mosselbaai-munisipali­teit in terme van Benevolent Park te ondersoek.

"Daar is groot vrae oor die huurooreen­koms. Ons moet die instansie verdedig en in belang van die bejaardes optree. Dit is belangrik dat almal moet weet wat aangaan en dat daar nie geheime of onsekerhed­e is nie."

Dugmore het gesê hy gaan drie stappe neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa