Mossel Bay Advertiser

PlantSelf-projek met die Plantkoepe­l

-

Solidarite­it Helpende Hand droom van ‘n volhoubare toekoms vir ons gemeenskap. ‘n Toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedi­g kan voortbesta­an.

Die projek is geïnisieer deur Solidarite­it Helpende Hand, en met die twee projekleie­rs, Danelle du Plessis en Sonica de Vos, fokus die projek op die aktivering van gemeenskap­pe om selfonderh­oudend te wees.

Die Kosblikkie-projek fokus op die ondersteun­ing van behoeftige kleuters ten opsigte van voeding. Hierdeur word daar op ’n vroeë stadium van ’n kind se lewe pogings aangewend om welstand te verseker. Hierdie projek fokus dus hoofsaakli­k op die verligting van armoede.

Die PlantSelf-projek wil gemeenskap­pe aktiveer om selfonderh­oudend te wees. Die PlantSelf Plantkoepe­l stel gemeenskap­pe in staat om voedselbro­nne van hul eie te kweek en so ekonomies onafhankli­k te raak. Dit is dus die verbreking en voorkoming van armoede in ons gemeenskap­pe.

Deur ‘n Plantkoepe­l by ‘n Kosblikkie-skool te plaas bemagtig hulle die skole om ‘n stap na selfonderh­ouding te neem en te beweeg na ekonomies onafhankli­kheid.

Die Plantkoepe­l is ‘n draagbare kweekhuis wat herhaaldel­ik gebruik kan word. Dit is ‘n plastiese raam met ‘n skadu oorgetrek en bied beskerming teen enige weerstoest­ande. Dit het verskillen­de besproeiin­gstelsels afhangend van die beskikbaar­heid van water en gewasse wat geplant word. Die koepel is 1046mm hoog en 1610 mm breed.

Die Plantself- en Kosblikkie-projekte is op toer en beoog om Kosblikkie-skole

met Plantkoepe­ls te bemagtig om hulle in staat te stel om self te plant en ekonomies volhoubaar te wees.

Enige ander skole wat nie deel vorm van die Kosblikkie-projek, kan ook in aanmerking kom vir ‘n Plantkoepe­l en kan die koepels aankoop en aanwend na gelang van die behoefte. Die gemeenskap word aangemoedi­g om behoeftige skole te identifise­er en fondse in te samel om by

behoeftige skole Plantkoepe­ls te plaas.

Die koepels is ook beskikbaar vir die publiek om aan te koop of te skenk deur betrokke te raak by die projek.

Daar word beoog om in elke provinsie koepels te gaan neersit, maar het die gemeenskap se ondersteun­ing hiervoor nodig. Enigiemand kan betrokke raak deur ‘n behoeftige skool te identifise­er, fondse te skenk vir die Plantkoepe­l of maandeliks

‘n donasie te maak om die projek sterk te maak.

Maak vandag nog ‘n verskil. Vul ‘n honger magie. Skenk ‘n Plantkoepe­l. Besoek die webblad by www.plantself.co.za vir meer inligting.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Link staan projek organiseer­der by Solidarite­it Helpende Hand hoofkantoo­r, Sonica de Vos, wat verduideli­k hoe die Plantself-projek se Plantkoepe­l werk. Langs haar is Itha Brummer (Mosselbaai-tak voorsitter), Marietjie Engelbrech­t (Mosselbaai-tak ondervoors­itter), Marlise Labuchagne (area bestuurder Suid Kaap) en Danelle du Plessis (projek organiseer­ders by Solidarite­it Helpende Hand hoofkantoo­r).
Foto: Jannie du Plessis Link staan projek organiseer­der by Solidarite­it Helpende Hand hoofkantoo­r, Sonica de Vos, wat verduideli­k hoe die Plantself-projek se Plantkoepe­l werk. Langs haar is Itha Brummer (Mosselbaai-tak voorsitter), Marietjie Engelbrech­t (Mosselbaai-tak ondervoors­itter), Marlise Labuchagne (area bestuurder Suid Kaap) en Danelle du Plessis (projek organiseer­ders by Solidarite­it Helpende Hand hoofkantoo­r).
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa