Mossel Bay Advertiser

Sages gaan groot vir Kansa

-

Die Suid-Kaap Sages het in 2023 meer as R50 000 vir Kansa ingesamel en toe besluit om in 2024 nog groter te gaan.

Om so iets aan te pak, kort jy 'n paar energieke aandrywers en baie oop beursies. Gert Brink, Twana Roets en Theunis Ebersohn het hierdie projek aangepak en as 'n mens kyk van waar die skenkings en skenkers oral kom, dan het hulle wyd gedelf!

Die lys van die skenkers is lank en die Sages is innig dankbaar oor elke mens en instansie se bydrae. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Die insameling­s vir Kansa is vir die Sages spelers 'n deurlopend­e gebeurteni­s, want by elkeen van hul kompetisie­dae skenk elke speler 'n bedrag en die uiteindeli­ke totaal van die skenkings word aan die einde van die jaar aan Kansa oorhandig. Daarom gaan daar nie nou al 'n eindbedrag van hierdie insameling wees nie. Dit word in Desember bekendgema­ak.

Die Kansa gholfdag is op 12 April op Mosselbaai se gholfbaan gehou.

"Baie dankie aan die Mosselbaai Gholfklub vir die beskikbaar­stelling van hul pragtige baan vir die geleenthei­d! Baie dankie aan die personeel vir die voorbereid­ing en al die verdere reëlings wat alles vlot laat verloop het. Baie dankie aan al die spelers, 84 van hulle, wat kom speel het en sodoende ook 'n bydrae gelewer het tot die insameling. Baie dankie ook aan die Mosselkrak­ers, Outeniekwa­spelers en klublede van Mosselbaai, wat kom saamspeel het en ook aan Adri Odendaal wat as Kansa-verteenwoo­rdiger die dag kom bywoon het," sê die Sages.

In die Beterbal kompetisie het die volgende pare die beste Stableford­punte aangeteken:

1. Gielie Gagiano en JJ Joubert (47)

2. Dawid Gerber en Gawie Steyn (45)

3. Eddie Vermeulen en Elmarie Spathelf (45)

4. Kalla Kalsbeek en Manie Kuhn (45)

5. Vince Bruwer en Kobus Pienaar (45)

6. Nelus en Mariaan Loots (44)

7. Jan van Wyk en Ernie Blomheart (44)

8. Raymond Swenson en Neil White (44)

9. Russel en René Henry (44)

10. Pietie Barnard en Flip Cloete (43) Naaste aan die penne is gewen deur Nelus Loots op 4, JJ Joubert op 8, Gawie Steyn op 12 en Frik Potgieter op 15. Stoffel Maritz, Mike Coetzee en Frik Potgieter het spogtwees behaal.

Die volgende Sages-byeenkoms van SuidKaap is die IPS-kompetisie op Stilbaai op 22 April.

 ?? ?? Wenners van die Kansadag, Nic Marais (voors), Gielie Gagiano, JJ Joubert, Elmarie Spathalf, Dawid Gerber en Gawie Steyn
Wenners van die Kansadag, Nic Marais (voors), Gielie Gagiano, JJ Joubert, Elmarie Spathalf, Dawid Gerber en Gawie Steyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa