Mossel Bay Advertiser

Opedag vir hokkiespel­ers

- Jannie du Plessis

Ná Mary Smithers vir 11 jaar hokkie afgerig het by Potchefstr­oom Girls High in Noordwes, het sy besluit om haar passie en kennis van die spel ook met plaaslike spelers te deel. 'n Opedag word vir Vrydag, 26 April, by Laerskool Hartenbos beplan waar sy haar kennis met leerders tussen grade R en 7 sal deel.

Smithers is die eienaar van Tutorica Hokkie Akademie en nooi enigiemand wat hul hokkievaar­dighede wil opskerp, om dié gratis demonst0ra­sie by te woon. Die sessie sal plaasvind tussen 14:00 en 15:00.

Smithers was onderwyser by Potchefstr­oom Girls High en het self op hoërskool provinsial­e kleure verwerf.

Tutorica het nog 'n talentvoll­e afrigter, Melinke Jansen van Vuuren, wat hoofsaakli­k die kursusse gaan aanbied. Jansen van Vuuren koester 'n diep liefde vir die spel. Sy is baie passievol oor die sport. "Ek sien daarna uit om my liefde vir hokkie met jong kinders te deel en hulle waardevoll­e vaardighed­e aan te leer," se Jansen van Vuuren.

Jansen van Vuuren speel hokkie sedert Graad 1 en het haar skool verteenwoo­rdig in die verskillen­de ouderdomsg­roepe se A-spanne vanaf Gr 1 tot Gr 10. In haar Graad 11 en 12 jare, het sy vir haar skool se eerste span gespeel.

Een van haar groot prestasies was dat sy Gauteng verteenwoo­rdig het op D12vlak op Laer- en Hoërskool.

In 2023 het sy hokkie afgerig by Laerskool Denneoord in George. Sy het gedien as afrigter en skeidsregt­er. Sy voltooi ook die komende naweek haar SAHA Vlak 1 hokkie-afrigtings­kursus.

Jansen van Vuuren het die volgende gesegde oor hokkiespel­ers: "Hokkiespel­ers het vuur in hul harte en vasberaden­heid in hul are".

Die Tutorica Hokkie Akademie begin amptelik op 30 April op Dinsdae, Donderdae en Vrydae, en die afrigtings­essie sal by Laerskool Hartenbos plaasvind.

 ?? ?? Melinke Jansen van Vuuren, afrigter by die Tutorica Hokkie Akademie.
Melinke Jansen van Vuuren, afrigter by die Tutorica Hokkie Akademie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa