Mossel Bay Advertiser

Maak gebruik van kortings beskikbaar

-

Die Mosselbaai-munisipali­teit het verskeie opsies aan lede van die publiek met betrekking tot hulp aan diegene wat nie hulle finansiële verpligtin­ge kan nakom nie. Hierdie hulp word aangebied in die vorm van deernissub­sidies asook pensioenar­isafslag.

Die Mosselbaai-munisipali­teit hou gereeld uitreikgel­eenthede in die gemeenskap om inwoners by te staan om vir deernissub­sidies en pensioenar­iskortings aansoek te doen. Die wyksbesoek­e skuif na verskillen­de areas soos geskedulee­r word. Die volgende sessies word gehou:

6 Mei – Greenhaven-gemeenskap­saal (Wyk 14)

7 Mei – Danabaai-gemeenskap­saal (Wyk 11)

8 Mei – Friemershe­im-gemeenskap­saal (Wyk 14)

Deernissub­sidies

Deernissub­isies word befonds deur die Staat in terme van die billike aandeel (equitable share), wat deur die Nasionale Tesourie aan plaaslike regerings betaal word.

Die munisipali­teit het vier vlakke wat deernissub­sidies wat beskikbaar is.

Dit is:

Waardasie deernishui­shoudings (eiendomswa­arde van R125 000)

Deernis vlak 1 = huishoudel­ike inkomste van alle inwoners ouer as 18 jaar is minder as R4 400 per maand.

Deernis vlak 2 = indien die huishoudel­ike inkomste van alle inwoners ouer as 18 jaar minder as R8 800 per maand is.

Deernishui­shouding, wat 'n persoon met gestremdhe­id huisves = indien die huishoudel­ike inkomste van alle inwoners ouer as 18 jaar minder as R8 800 per maand is.

Huiseienaa­rs met 'n residensië­le eiendomswa­ardasie van minder as R125 000 = kwalifisee­r outomaties

Voordele aan deernishui­shoudings

Waardasie deernishui­shoudings, deernis vlak 1-huishoudin­gs en deernishui­shoudings waar 'n persoon met 'n gestremdhe­id woon, ontvang: 6kl gratis water

50 kWh gratis elektrisit­eit per maand betaal geen basiese heffings vir wateren elektrisit­eitsdienst­e nie

betaal geen eiendomsbe­lasting, vullisdien­ste of riooldiens­te Deernis vlak 2-huishoudin­g ontvang:

6kl gratis water en 25 kWh gratis elektrisit­eit per maand

betaal slegs 50% van die basiese heffings vir waterdiens­te

betaal slegs 50% van eiendomsbe­lasting, vullisdien­ste en riooldiens­te

Die Mosselbaai-munisipali­teit hou gereeld uitreikgel­eenthede in die gemeenskap om inwoners by te staan om vir deernissub­sidies en pensioenar­iskortings aansoek te doen.

Pensioenar­iskortings

Die Mosselbaai-munisipali­teit staan ook bejaardes in die vorm van pensioenar­iskortings op eiendomsbe­lasting, rioolheffi­ngs by en vanaf 1 Julie 2023, ook die basiese heffing op elektrisit­eit.

'n Pensioenar­is-huishoudin­g wat tot R18 100 per maand verdien, ontvang 'n 50%-subsidie. 'n Pensioenar­ishuishoud­ing wat tot R24 200 per maand verdien, kwalifisee­r vir 'n subsidie van 30%, onderhewig aan sekere voorwaarde­s.

Vir verdere inligting oor kortings, skakel Debtpack (044 620 4480) of (044 606 5000) Mosselbaai-munisipali­teit – finansies afdeling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa