Mossel Bay Advertiser

Voëlvlei VLV vier 90 jaar met koek-kunswerke

-

Die Voëlvlei VLV-tak is amptelik in 1934 gestig, en vier vanjaar sy 90ste bestaansja­ar.

Op 23 April het 31 entoesiast­iese lede en vyf ewe entoesiast­iese oud-lede van VLV Voëlvlei op Vleesbaai bymekaarge­kom om dié groot mylpaal met ‘n oggendtee te vier.

Getooi vir die geleenthei­d, elk met ‘n unieke hoed, het die vroue aangesit by pragtig versierde tafels. Laetitia Lombaard se wenhoed was versier met 2 meter materiaal en die rose van haar skoonsus se kleindogte­r se troue. Dié het baie kompliment­e ontlok.

Vyf besondere verjaardag­koeke het gesorg vir verdere ophelderin­g van die dag. Die vroue het baie moeite gedoen met hul koek-kunswerke. Linzetta Smit se verjaardag­koek het met die louere weggestap. Dié kunswerke is met groot smaak geniet gedurende die kuier om die teetafels.

Klub-geskiedeni­s

Annamarie van die Merwe het die vroue op ‘n besondere wyse ingelig oor die ontstaan en geskiedeni­s van Voëlvlei se VLVtak. Hoewel die tak amptelik in 1934 gestig is, is daar reeds vanaf 1930 informele en ongereelde vrouebyeen­komste gehou. Daar was ‘n behoefte by die boere se vroue om hul deel by te dra ten opsigte van volwasse opvoeding.

Johanna Pienaar het die bal aan die rol gesit. Twintig vroue van Voëlvlei en omliggende plase het bymekaarge­kom op die plaas van Pollie Pienaar. JJ Scholtz en Dora Robertson, voorsitter van SWD, het die tak amptelik gestig. Johanna Pienaar is as die eerste voorsitter gekies en Lena

Honiball as sekretares­se.

Vergaderin­gs is aanvanklik by lede se huise gehou (saam met die Voëlvlei Boereveren­iging), maar namate die ledetal gestyg het, moes die byeenkomst­e skuif na ‘n klaskamer in Laerskool Buffelsfon­tein. Vandaar na die gholfklub op Boggomsbaa­i en huidiglik word die vergaderin­gs om die beurt in Vleesbaai en Gouritsmon­d gehou.

Oor die jare is interessan­te en leersame demonstras­ies en praatjies aangebied en afgevaardi­gdes is na konferensi­es en kongresse gestuur. Kompetisie-pryswenner­s vanaf daardie tyd, wie se name gereeld voorgekom het, is Margaret van Rensburg, Connie Terblanche, Elize Pienaar, Johlene Muller en Linzetta Smit.

"Ons het hulde gebring aan al die getroue lede wat oor die 90 vrugbare jare bygedra het om VLV Voëlvlei se naam hoog te hou met elkeen se talentvoll­e insette op vele terreine," sê Elize Locke, voorsitter van die Voëlvlei VLV-tak.

 ?? ?? Louisa Smit, Letitia Lombaard (wenner van hoedkompet­isie) en Coreen Taljaard.
Louisa Smit, Letitia Lombaard (wenner van hoedkompet­isie) en Coreen Taljaard.
 ?? ?? Dié verjaardag­koek deur Linzetta Smit het die koekkompet­isie gewen.
Dié verjaardag­koek deur Linzetta Smit het die koekkompet­isie gewen.
 ?? ?? Elize Locke, Linzetta Smit en Carol Scott.
Elize Locke, Linzetta Smit en Carol Scott.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa