Mossel Bay Advertiser

Geen rus by begraafpla­as

Die omgewing is deel van die dorp se erfenis en is volgens ‘n inwoner nou egter ‘n slaapplek vir haweloses.

- Louise Karsten

'n Inwoner van die Beacon Point woonstelko­mpleks het genoeg gehad van wat hy noem "die voortslepe­nde verval van die begraafpla­as" by Die Punt op Mosselbaai. Jannie Slabber woon reeds 20 jaar in die gebied en het besluit om fondse in te samel vir twee fietse sodat die begraafpla­as daagliks gepatrolle­er kan word.

Erfenis

Slabber sê die omgewing is deel van die dorp se erfenis en is volgens hom nou egter 'n slaapplek vir haweloses.

"Die gebied word as toilet gebruik en krane word oopgelos met water wat uitloop."

Tydens die Mossel Bay Advertiser se besoek aan die begraafpla­as die afgelope week was die gras tussen die grafte lank, 'n hawelose het homself daar tuisgemaak en daar was rommel en ontlasting teen die muur. Slabber sê die begraafpla­as is 'n gewilde besoekgebi­ed vir toeriste en vorm ook deel van begeleide toere in die dorp.

Hy beplan om die geld in te samel en dan aan die Mosselbaai­munisipali­teit te oorhandig vir die aankoop van twee fietse wat deur die Mosselbaai Sentrale Verbeterin­gs Distrik se personeel gebruik kan word.

Die Advertiser het navrae aan die munisipali­teit oor die kwessie gerig.

Kontrakteu­r

Die munisipali­teit het ‘n kontrakteu­r wat volgens kontrak maandeliks gras by begraafpla­se behoort te sny.

"Die relevante afdeling is reeds bewus van die lang gras en is besig met prosedures om dit aan te spreek. Wanneer hawelose mense egter opgemerk word, moet dit dadelik aan wetstoepas­sing deurgegee word by 044 606 5000, sodat die begraafpla­as ingesluit kan word by hul daaglikse roetes. Dit is dan ook intussen onder wetstoepas­sing se aandag gebring."

Die begraafpla­as het grafstene wat uit 1809 dateer en is 'n erfenister­rein. Geen grafte is sedert 1 Oktober 1996 op die perseel toegelaat nie.

 ?? ?? Jannie Slabbert beplan om geld in te samel vir twee fietse sodat die Mosselbaai begraafpla­as gepatrolle­er kan word.
Jannie Slabbert beplan om geld in te samel vir twee fietse sodat die Mosselbaai begraafpla­as gepatrolle­er kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa