Mossel Bay Advertiser

‘n Ambassadeu­r vir Mosselbaai

- Louise Karsten

'n Inwoner van Mosselbaai wat in 1929 in Hoogstraat gebore is, Phillip (Phil) Gerber het op 28 April sy 95ste verjaarsda­g by sy woning in Hudsonstra­at gevier.

Phil en sy vrou Rosie het mekaar destyds op die dorp ontmoet nadat Rosie saam met haar familie vanaf

Gqeberha (Port Elizabeth) na Mosselbaai verhuis het toe sy ses jaar oud was. Hulle het altyd van mekaar geweet, juis omdat Mosselbaai so klein was.

Die Mossel Bay Advertiser het die Gerbers die afgelope week by hulle woning skuins oorkant Hoërskool Punt besoek.

Hulle woon reeds 57 jaar in die huis. "Die straat voor ons huidige huis toe ons in 1967 ingetrek het was 'n stofpad."

Blakend gesond

Phil het 'n ondeunde kyk in sy oë en lyk allermins 95.

Behalwe vir hoë bloeddruk waarvoor hy medikasie neem, is hy blakend gesond.

Hy was 'n leerder by Laerskool Park en by Hoërskool Punt en het naskool by Caltex aangesluit.

Sy pa was 'n boer maar Phil sê daar was daai jare nie geld om te studeer nie. Hy het naskool as verteenwoo­rdiger van Caltex gewerk en behalwe vir drie jaar in die Kaap het hy sy hele lewe lank op Mosselbaai gewoon.

Phil onthou sy kinderjare op die dorp: "Ons was ooraktief. Ons het altyd hout gaan haal by Tunnel Cave. Ek is nog altyd baie lief vir Mosselbaai en beskou myself as 'n ambassadeu­r vir die dorp. Die dorp het uit die aard van die saak geweldig uitgebrei."

Liefde vir sport

Phil is bekend onder die gemeenskap vir sy liefde en deelname in verskeie tipe sportsoort­e. Hy het internasio­naal rolbal gespeel en is 'n rugbykenne­r wat enige wedstryd se besonderhe­de en datum in fynere detail kan onthou. Die Springbok rugbyspele­r Dave Stewart het oorgeneem by Phil as Caltex veteenwood­iger in Mosselbaai en 'n hegte vriendskap het ontaard. Selfs Dr Danie Craven en drie springbokk­e was al aan huis vir 'n koppie tee.

Hy het ook al die jare rugby (1ste en 2de span) vir Mosselbaai gespeel asook gholfliga.

"Ek is ook baie lief vir musiek." Phil versorg self die egpaar se tuin en sny self die gras. "Ek leef positief en eerbaar en glo dat ons hemel op aarde gegee is. Ek hou my geheue vars en omring my met positiewe mense."

Die egpaar het drie dogters, Debbie, Jennifer en Ingrid wat hulle ook op Mosselbaai groot gemaak het en vyf kleinkinde­rs.

Hulle sal op 11 Julie al 65 jaar getroud wees.

Dit blyk dat goeie gene aan die orde van die dag is aangesien Phil se ouma 99 jaar oud geword het en sy Ma 102 jaar.

 ?? ?? Phil en Rosie Gerber.
Phil en Rosie Gerber.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa