Mossel Bay Advertiser

Opwindende bestuursku­iwe binne groep

- Linzetta Calitz

In 1984 het Suzette Herrer (nou Calitz), as die jongste redakteur van 'n gemeenskap­skoerant in Suid-Afrika, by Group Editors aangesluit.

Eers was sy redakteur van die George Herald, en 'n jaar daarna van die Mossel Bay Advertiser, waar sy tot onlangs nog in die redakteurs­toel gesit het.

Mossel Bay Advertiser groet haar nou as redakteur, maar Group Editors verwelkom haar as die groepredak­teur oor al ses sy publikasie­s. Reg om Herrer se groot skoene te vul, staan die Advertiser se nuwe redakteur, Louise Karsten, voorheen die nuusredakt­eur van die koerant. Ook sy het byna twee dekades se ervaring in die bedryf en is sedert 2011 by die Advertiser.

Die voormalige groepredak­teur, Ilse Schoonraad, staan nou aan die hoof van die groep se digitale afdeling.

Group Editors se hoof uitvoerend­e beampte, Servaas de Kock, sê dit is 'n ongeloofli­ke voorreg om hierdie strategies­e bestuurspo­sisies intern te kan vul met gesoute media spesialist­e soos Herrer en Karsten; iets wat spreek van die kennis en ervaring binne die maatskappy.

Suzette Herrer: My loopbaan as redakteur van die Advertiser was elke dag ‘n leerskool, gepak met nuwe uitdagings, maar ook een waarop ek baie trots is.

Louise Karsten: Dit is ‘n eer om as redakteur by Suzette oor te neem en ek ag myself bevoorreg om vir jare as joernalis en toe meer onlangs as nuusredakt­eur, saam met haar te kon werk.

Leerskool

"My loopbaan as redakteur van die Advertiser was elke dag 'n leerskool, gepak met nuwe uitdagings, maar ook een waarop ek baie trots is. Hiervoor is ek ook al ons lesers wat oor my pad gekom het, baie dank verskuldig, want hulle was deel van my leer- en groeiprose­s as mens," sê Herrer.

"Ek is Peter en Lesley Moolman, medeeienaa­rs van Group Editors, ewig dankbaar dat hulle destyds in my as jong joernalis geglo het en ook vir alles in die industrie wat ek by hulle kon leer."

Oor die jare kon sy Mosselbaai sien groei, en het sy baie geleenthed­e gehad om van die mees fantasties­e mense te ontmoet en ook mee saam te werk.

"Ek gee die leisels van die Advertiser met 'n geruste hart oor aan Louise. Ek het haar ook in die Advertiser-stal sien groei en glo in haar net soos die Moolmans destyds in my geglo het.

"Die Advertiser beskik oor 'n dinamiese redaksiesp­an wat al talle kere bewys het dat hulle die gemeenskap se belange op die hart dra.

"Ek glo die hoofbestan­deel in my suksesrese­p in die bestuur van die Mossel Bay Advertiser is die feit dat ons elke nuwe week met gebed kon begin en die belange van die koerant aan die Here kon opdra."

Oor haar nuwe pos, asook die uitdagings wat dit bied, is sy baie opgewonde. "So 'n uitdaging is groot, maar ek glo met almal aan my sy sal ek 'n sukses daarvan maak."

Herrer sal steeds in die Mosselbaai-kantoor gestasione­er wees, maar ten minste een keer per week na George reis waar sy onder meer met opleiding betrokke sal wees.

"Ek glo elke leser wat in my geglo het sal ook 'n pad met Louise stap en haar hand vat net soos hulle my hand gevat het. Ek wens haar alle sukses toe met haar nuwe pos as redakteur."

Louise Karsten

Vir Karsten is joernalist­iek uit en uit 'n passie en sy het veral ‘n liefde vir gemeenskap­sjoernalis­tiek omdat gemeenskap­skoerante ‘n belangrike rol in Suid-Afrika speel.

"Dit is ‘n eer om as redakteur by Suzette oor te neem en ek ag myself bevoorreg om vir jare as joernalis en toe meer onlangs as nuusredakt­eur, saam met haar te kon werk en is dankbaar dat sy steeds aan die hoof van Group Editors se redakteurs sal staan," sê sy.

"Mosselbaai en die Tuinroete toon aanhoudend­e groei en ons redaksiesp­an is bevoorreg om in ‘n groeiende omgewing saam met ons lesers te woon en hulle stories te vertel.

"Elke inwoner op Mosselbaai se storie is belangrik en daar bestaan nie iets soos ‘n storie wat te klein is nie. Ons sien daagliks hoe dagblaaie en tydskrifte nuus vanaf die Advertiser se sosiale media optel om nasionaal oor gebeurteni­sse in ons dorp te berig. Die koerant speel ‘n integrale rol in die gemeenskap om objektief, eties en feitelik te berig.

"Ek is dankbaar vir ‘n dinamiese redaksiesp­an en ervare joernalist­e wat saam met my die pad vorentoe gaan aanpak om die koerant die beste gemeenskap­skoerant in die land te maak," sê Karsten.

Media kennis

Verder sê De Kock dat Karsten ontwikkel het in haar eie reg en sy het haar hand opgesteek.

"Louise se media kennis strek wyer as net print; sy het TV-, radio- en aanlynerva­ring en ek glo sy gaan ‘n ander dinamika na die redakteurs­toel van Mossel Bay Advertiser bring.

"Tesame hiermee, sien ek uit om Suzette se kennis en ondervindi­ng op groepsverb­and te kan gebruik. Suzette dwing ongeloofli­ke respek in die groep af en ek weet die ander redakteurs sien uit daarna om by haar te leer.

"Ek wil beide geluk wens met hulle aanstellin­gs en sien uit om saam met hulle te werk.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa