Mossel Bay Advertiser

Round tablers kom in Mosselbaai saam

- Linzetta Calitz

Lede van die Round Table van regoor Suid-Afrika het verlede week op Mosselbaai saamgekom vir die instansie se algemene jaarvergad­ering.

ARTSA (Associatio­n of Round Table Southern Africa) se 14 areas het 'n opwindende paar dae agter die rug.

Die affêre het Woendag afgeskop en Sondag is die onderskeie areas weer teug na hul tuistes.

Die tydperk het verskeie geleenthed­e gebied waar areas onder meer hul projekte en vordering vir die afgelope jaar gedeel het en ook beplan het aan die tyd wat voorlê.

Forums vir finansies, begrotings, en meer het ook saamgekom waar inligting gedeel is om sodoende die amptelike jaarvergad­ering nie te lank uit te rek nie.

'n Groot hoogtepunt van die samekoms was die kostafels, wat ook 'n amptelike deel van die geleenthei­d is. Hier kry elke area die geleenthei­d om iets te ete en drinke voor te sit en hul kultuur uit te beeld. Elke area sit gewoonlik baie moeite in hierdie afdeling in, maar die Oos-Kaap area het hierdie jaar bo almal uitgeblink en met die louere weggestap.

Nuwe leierskap

Saterdag was die groot jaarvergad­ering en hier is nuwe leierskap vir die komende termyn ook gekies en daarna die gala aand. Die uitgaande lede was as volg:

Louis Radley – president

Antonie Smit – adjunkpres­ident

Lihan Kriek – tesourier

André Vos Botha – sekretaris

Louis du Toit – Internasio­nale verhouding­e offisier (IRO)

Wentzel Steward – ARTSA 2024 sameroeper Pienaar Aller – Inkundla redakteur Jacques van Wyk – handelsmer­k en strategies­e bestuurder

Werner Swanepoel – konstitusi­onele adviseur

Inkomende span

Die inkomende span is: Antonie Smit – president André Vos Botha – adjunkpres­ident Wessel Dryer – tesourier

Deon Ferrerai – sekretaris

Francois van der Merwe – IRO

Jan Albert de Kock – ARTSA 2025 sameroeper

Wouter Dreyer – Inkundla redakteur Walter Groenewald – handelsmer­k en strategies­e bestuurder

Louis Radley – konstitusi­onele adviseur

Die algemene jaarvergad­ering skuif elke jaar na 'n ander provinsie. Vanjaar was die Suid-Kaap se beurt gewees en hulle het 'n fantasties­e naweek aangebied.

"Baie dankie aan die Suid-Kaap se span wat dit moontlik gemaak het en ook laat lyk het soos min werk, al weet ons dit is nie maklik om 580 mense gelukkig te hou nie," sê Walter Groenewald.

Volgende jaar kom die areas in Parys, Vrystaat bymekaar.

Dié reëlings is reeds ver gevorder.

 ?? ?? Dié span het Round Table Suid-Kaap verteenwoo­rdig: (voor) AB Tromp, Zach Austin, Wentzel Stewart, Johan Lochner, Ronel Lochner, Leandri Starbuck, Mone Rowe, Imke Linford, Danelle Conradie, Jessica Gerber, (agter) Stephan Botha, Gloudi Botha, Gert Theron, Daniel Smuts, Johan Hendriksz, Aydn Parrott, Stefan du Plessis, Leane Nel, Koos Nel, Louis de Wet, André Burger.
Dié span het Round Table Suid-Kaap verteenwoo­rdig: (voor) AB Tromp, Zach Austin, Wentzel Stewart, Johan Lochner, Ronel Lochner, Leandri Starbuck, Mone Rowe, Imke Linford, Danelle Conradie, Jessica Gerber, (agter) Stephan Botha, Gloudi Botha, Gert Theron, Daniel Smuts, Johan Hendriksz, Aydn Parrott, Stefan du Plessis, Leane Nel, Koos Nel, Louis de Wet, André Burger.
 ?? ?? Internasio­nale gaste Lucas Boltz (Duitsland), Tobias Elder (Italië), Bastian Stähle en Romain Potterie (Frankryk).
Internasio­nale gaste Lucas Boltz (Duitsland), Tobias Elder (Italië), Bastian Stähle en Romain Potterie (Frankryk).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa