Mossel Bay Advertiser

‘Reünie’ met Frank Opperman iets om nie mis te loop nie

-

Indien jy nog nie 'n kaartjie het vir vanaand se vertoning van die bekende akteur Frank Opperman in sy nuutste verhoogstu­k, Reünie, nie, maak 'n plan, want dit is iets wat jy beslis nie moet misloop nie.

Hy tree op op versoek van die Nederduits­ch Hervormde Kerk en die vertoning vind vanaand, Vrydag 3 Mei in die Mosselbaai­se stadsaal plaas. Die vertoning begin stiptelik om 19:00. Ligte verversing sal te koop wees.

Stel jou 'n skoolreüni­e voor waar elkeen 'n spreekbeur­t voor die mikrofoon kry en in 'n hanswors verander. Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 44 jaar later vir die 1980-matriekgro­ep.

Ja, dit is tyd vir hul 40 jaarreünie, maar weens die Covidpande­mie kan hulle dit eers vier jaar later hou.

Deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats 'n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Party humoristie­s, ander meer ernstig en besinnend. Vier-en-veertig jaar gelede het almal saam 'n tragedie beleef, wat hulle nou vir die eerste keer gesamentli­k konfrontee­r. Hoe leef hulle voortaan die skoolleuse "Voortwaart­s" uit?

"Maar basies gaan dit oor 'n klomp mense vir wie jy darem een keer in jou lewe iets moet sê wat jou gepla het.

"Wat gaan jy sê as jy die geleenthei­d kry, as jy met jou matriekmaa­ts kan praat?" vra Frank.

15 verskillen­de karakters

Dis verfrissen­d maar ook hartseer om na 44 jaar uiteindeli­k jou spreekbeur­t te kry en dit by 'n skoolreüni­e. Met 'n koelboks, die hulp van 'n skoolbaadj­ie, 'n paar trefwoorde en 'n ander stemtoon gee Frank gestalte aan 15 verskillen­de karakters op die verhoog. Sommige sprekers is komies, ander ernstig, en die aand verloop nie sonder onthulling­s nie en hulle word met die spoke van die verlede gekonfront­eer.

Natuurlik sal daar lekker gelag word, maar daar is oomblikke dat hulle doodstil is. En so 'n stilte het dikwels groot trefkrag en spreek boekdele. Hopelik sal alles wat Frank op die verhoog sê, werklik ingeneem en later aan herkou word.

Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoe­r in die skep van eenmanstuk­ke: Dana met die pen en Frank op die verhoog, onder meer met Die uwe, Pottie Potgieter, Rooikaart, Hond, Klaagliede­re van dominee Tienie Benade en Donkie. Met Reünie is die sterk regisseurs­hand van De Klerk Oelofse bygevoeg.

Verwag dieselfde fyn spot, deernis en 'n tikkie nostalgie. Sit agteroor en ontspan – jy is in goeie hande – Frank Opperman hande!

Toegang beloop R180 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by Mosskem Apteek op Hartenbos, Bay Print in Langeberg Mall, by Emi (083 268 2277) of vanaand by die deure.

Die reünie word beleef deur die oë van Petrus Boshoff, wat as verteller optree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa