Mossel Bay Advertiser

Opbouende projekte vir Ruiterbos

-

Die Ruiterbos gemeenskap buite Mosselbaai op die R102 op pad na Oudtshoorn, het baie uitdagings, maar 'n paar inwoners het opbouende projekte in die gemeenskap begin.

ATKV

Die ATKV het onlangs die Ruiterberg-tak hier gestig in samewerkin­g met Christie Swanepoel van die ATKV en Lisa Prins as voorsitter en Triena James as die ondervoors­itter.

Bord

Van die eerste projekte en met verskeie rolspelers aanboord, die ATKV, Mosselbaai­munisipali­teit, Protea Spaza Shop en die Tuinroete Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV), het Ruiterbos nou hul eie bord by die ingang om besoekers én inwoners welkom te heet.

Voorheen was daar geen aanduiding van die nedersetti­ng nie. Die bord word op Saterdag, 4 Mei, amptelik onthul by die markdag.

Sterillisa­sie

Die DBV het onlangs 'n gratis sterilisas­iedag by die bosboustas­ie gehou waartydens so te sê alle honde en katte van die inwoners gesterilis­eer is.

Seed 2 Harvest

Maandag, 29 April, is 'n teorie klas aangebied deur Seed 2 Harvest, waar inwoners bekend gestel is aan die Seed 2 Harvestpro­jek. Op Dinsdag, 30 April, het inwoners die geleenthei­d gehad om prakties die voorbereid­ing te doen en die sade te plant. Seed 2 Harvest bring kos na mense en poog om een huishoudin­g, een voedseltui­n in soveel gemeenskap­pe as moontlik te vestig. Hulle streef daarna om algemene bewustheid van goeie gesondheid, voeding en voedselsek­erheid te skep en mense van alle lewenstyle te bemagtig om hul eie vars produkte te kweek.

Markdag

Die ATKV- tak Ruiterberg se markdag begin om 10:00 Saterdag, 4 April, en die publiek word genooi om hierdie geleenthei­d te kom ondersteun.

Inwoners gaan van hulle produkte te koop aanbied. Daar gaan 'n talentkomp­etisie wees en nog vele ander interessan­thede. Die publiek moenie dié geleenthei­d misloop nie. Die inskrywing­s vir die modelkompe­tisie is oop van 09:00 tot 10:30.

Die program vir die dag is:

09:00 - 09:30 Opening van buitelug bord

09:30 - 09:35 Verwelkomi­ng - ATKV 09:35 - 09:40 Sang-item Elisa Prins 09:40 - 09:50 Polisie spreekbeur­t 09:50 - 10:00 DBV spreekbeur­t 10:00 - 10:10 Laerskool dans-item 10:30 - 10:35 Groente tuin sertifikat­e 11:00 - 11:10 Modelkompe­tisie 30 tot 45 jaar

11:10 - 11:20 Modelkompe­tisie 45 tot 60 jaar

11:20 - 11:30 Modelkompe­tisie 61 tot 80 jaar

12:00 Prysuitdel­ing en afsluiting

Vir enige navrae kontak Lisa Prins (076 914 4151) of Triena James (060 302 9346).

 ?? ?? Christie Swanepoel van die ATKV het die foto geneem van haar en Shaun Cairns (links agter) van die Seed 2 Harvestpro­jek saam met inwoners van Ruiterbos wat die kursus gedoen het. Langs Cairns is Andrew Kiewiet, Jeanetta Karelse, Elesa Prins, Arthur November, Roseline Abrahams, Susanna Laminie en Pieter Abrahams hier in die tuin waar die eerste sade geplant is.
Christie Swanepoel van die ATKV het die foto geneem van haar en Shaun Cairns (links agter) van die Seed 2 Harvestpro­jek saam met inwoners van Ruiterbos wat die kursus gedoen het. Langs Cairns is Andrew Kiewiet, Jeanetta Karelse, Elesa Prins, Arthur November, Roseline Abrahams, Susanna Laminie en Pieter Abrahams hier in die tuin waar die eerste sade geplant is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa