Mossel Bay Advertiser

Goeie vangste die afgelope tyd

- Jannie du Plessis

Terwyl strand- en rivierheng­elaars sê die vis is maar traag om te byt, het diepsee hengelaars glad nie gekla nie. Met die onlangse vloede het diepsee toe gaan die manne bietjie gekniehalt­er, maar kort daarna het die stokke weer begin buig.

Plaaslike booteienaa­r, Rodney Hopley, wat kliënte uitvat sê die water is tans yskoud. "Stokvis kom maar sporadies voor. Een dag is daar baie en die ander dag min," sê hy. Volgens Hopley het hulle van Desember tot nou onlangs mooi kabeljou gevang. "Ongewoon het ons Maart baie mooi kabeljou nog gekry, en dit voor Groot-Brakrivier by Suiderkrui­s."

Mossel Bay Advertiser het op Werkersdag, 1 Mei, met Theo Labuschagn­e gepraat terwyl hy op die see was. "Ek het in sewe jaar nog nie gesien dat die vis op die bodem so stil is nie. Verlede week het ons baie vis gevang," vertel Labuschagn­e. "Die water hier waar ek nou staan is 12° en nie 'n vissie op die skerm. Ons was by Groot-Brakrivier, KleinBrakr­ivier en terug by Die Punt, maar daar is geen bodemvis in die see wat vandag byt."

Sportvisse­r, Marcel du Preez, het aan Mossel Bay Advertiser vertel dat die kabeljou in Desember goed geloop het. Hy het nou onlangs met sy boot Time to Fish so 12km Suid op 68m mooi medium stokvis gekry. "Met die snaakse weer die laaste tyd en die vloede het ons by tye tussen boomstompe en yskaste moes vaar diepsee toe," vertel Du Preez.

Mosselbaai Snoekman, Charl van Heerden, sê die afgelope tyd het baie mooi snoek uitgekom in die Port Nolloth, Hondeklipb­aai en Brand se Baai omgewing. Plaaslike vissermann­e wat Kaap toe was die afgelope tyd, het ook glad nie gekla nie. Pragtige tunas het uitgekom en al wat 'n visserman is, op hol gehad.

 ?? ?? O.20 Springbok voorry speler, Casper Badenhorst, hier op Rodney Hopley se boot met ‘n pragtige gurnard wat hy gevang het.
O.20 Springbok voorry speler, Casper Badenhorst, hier op Rodney Hopley se boot met ‘n pragtige gurnard wat hy gevang het.
 ?? Time to Fish. ?? TJ Pieterse met ‘n mooi stokvis wat hy gevang het met ‘n uitstappie op Marcel du Preez se boot,
Time to Fish. TJ Pieterse met ‘n mooi stokvis wat hy gevang het met ‘n uitstappie op Marcel du Preez se boot,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa