Mossel Bay Advertiser

‘Delvin! Kan jy my hoor?’

- Linzetta Calitz en Jannie du Plessis

‘n Pa van Asla Park se eerste woorde toe hy by sy seun se hospitaalk­amer instap, waar hy met sy oë toe gelê het, was “Delvin! Kan jy my hoor?”

Deon Safers vertel hoe hy geskrik het toe hy sy seun, Delvin (29), so sien, maar ook van die verligting toe Delvin sy oë oopgemaak en met hulle begin praat het.

Delvin, 'n elektrisië­n, was een van die werkers wat in die woonstelbl­ok in George se Victoriast­raat was toe dit Maandagmid­dag net na 14:00 ineengesto­rt het. Hy is Dinsdag laatmiddag bevry.

"Hy lyk goed, hy is net moeg. Hy is uitgeput," het sy pa Donderdago­ggend gesê.

Selfoon

Delvin het sy selfoon ten tye van die ineenstort­ing by hom in sy broeksak gehad, en kon só eers met sy familie en toe later ook met reddingswe­rkers kommunikee­r.

Om die battery te spaar, het hy dit soms afgesit.

Hy het om 05:30 Dinsdagogg­end met sy ma, Delmarie, gepraat en gesê hoe lief hy vir hulle is.

‘Hy lyk goed, hy is net moeg. Hy is uitgeput,’ het sy pa Donderdago­ggend gesê.

Sy seuntjie, Zyar (2), het toevallig op daardie stadium by haar gespeel. Sy het besluit om 'n foto van hom te neem en vir sy pa te stuur.

"Toe hy die foto van sy kind sien het hy besef hy het iets om voor te lewe en baklei en geweet hy moet sterk wees," vertel Deon.

Die oomblik toe hulle begin nuus kry dat reddingswe­rkers naby Delvin was, was daar 'n dankbare opgewonden­heid by sy familie.

"Toe hulle hom kry toe steek hy (‘n

reddingswe­rker) sy hand in lug op en skree, 'Deon, hier is hy!'

Wonderwerk

"In daai oomblik dink ek net Here, dankie, dis 'n wonderwerk. Ek kan dit nou nog nie glo nie. Die Here het ons behoed en bewaar. Sy [Delvin] geloof en ons geloof het ons

deurgedra. Ons het almal gehuil.

"Delvin, ek wil vir jou dankie sê dat jy so kalm was. Ek beskou jou regtig waar as 'n hero," sê sy pa.

Hoewel hy bly is, vertel sy pa Delvin het ook 'n hartseer oor sy kollega wat oorlede is. Hy kon hom onder die puin met sy selfoon se flitslig sien.

Die feit dat verdieping­s inmekaar geval het "one time... maak nie sin nie", het Delvin vir sy pa in 'n video-opname in die hospitaal gesê toe hy hom vra hoe hy oor die ineenstort­ing voel.

Teen druktyd was die dodetal van die tragedie op agt en 44 uit die 81 mense was nog vasgekeer.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Delvin se seuntjie, Zyar (2), by hom in die hospitaal.
Reddingswe­rkers fynkam die gebied en verwyder bourommel.
Foto: Jannie du Plessis Delvin se seuntjie, Zyar (2), by hom in die hospitaal. Reddingswe­rkers fynkam die gebied en verwyder bourommel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa