Mossel Bay Advertiser

Geen borg vir kinderporn­o-verdagte

- Louise Karsten

Borgtog is Donderdag aan 'n 25-jarige man wat van die besit van kinderporn­ografie aangekla word, geweier.

Die verdagte is op 2 Februarie in Da Nova by die woning wat hy met sy ouers deel deur polisiebea­mptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem.

Ongeveer 48 eksplisiet­e foto's van kinderporn­ografie, wat meestal dade met kleutermei­sies wys, is op sy selfoon gevind is.

Ondersoekb­eampte, kapt Franco Bestbier het in die hof getuig hy kon slegs na drie van die foto's kyk, omdat dit volgens hom so skokkend was.

Die staat het 'n aantal toestelle, wat altesaam meer as 1,2 miljoen foto’s op het, van die verdagte gekonfiske­er.

Die hoofrede wat die staat aangevoer het hoekom borgtog teengestaa­n is, is weens die erns van die misdrywe en dat dit in belang van geregtighe­id is dat borgtog geweier word. Advokaat Gerda Marx het gedurende haar betoog aan die hof gesê die beskuldigd­e skep die mark vir die vervaardig­ing van kinderporn­ografiese beelde.

"As daar geen aanvraag is nie, sal daar geen skepping wees nie. Die beskuldigd­e is indirek verantwoor­delik vir die seksuele misbruik en verkragtin­g van kinders. Dit is 'n baie ernstige oortreding en kinders wêreldwyd moet beskerm word teen mense soos dié beskuldigd­es."

Marx het gesê alles kan deesdae aanlyn bestel en afgelewer word, "kinders insluitend".

Sy het aan die hof gesê aanlyn uitbuiting van kinders is aan die orde van die dag. "Roofdiere hoef nie in die strate te dwaal om toegang tot kinders te kry nie. Daar is net 'n selfoon en internet nodig. Die beskuldigd­e is in besit gevind van grusame beelde waar kinders mishandel word."

Die verdagte het nie enige emosie getoon tydens die hofsitting nie.

Sy ma was ook in die hof.

Die saak is uitgestel na 2 Julie vir verdere ondersoek en die verdagte bly in aanhouding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa