Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai 2024 Eisteddfod ook deel van Kunstemaan­d

-

Reëlings vir die 2024 Eisteddfod is in plek en Mosselbaai kan homself gereed maak vir optredes uit die boonste rakke. Die dansbeoord­eling vind reeds volgende week plaas en ’n groot dans-extravagan­za vind in Augustus, as deel van die Mosselbaai Kunstemaan­d, plaas.

Dans beoordelin­g

Die beoordelin­g van hierdie gewilde dans-afdeling vind vanaf Dinsdag, 14 tot Donderdag, 16 Mei vanaf 14:00 tot18:00 in die Mosselbaai-stadsaal plaas. Ouers en die publiek is baie welkom om die sessies by te woon. ’n Toeskouers­fooi van R20 per volwassene per dag is betaalbaar, kinders is gratis.

Danswerksw­inkels

Op 17 Mei bied Nichelle Rusza en

Joubert Jonker, twee ervare dansers en dansonderw­ysers, werkswinke­ls by die Mosselbaai-stadsaal aan. Alle dansgenres sal baat om hierdie geleenthei­d by te woon en dansers word sterk aangeraai om dit by te woon.

Die aanbieders gaan hulle kundigheid en ondervindi­ng op ’n pro-aktiewe, lewendige en prettige manier aan studente en onderwyser­s oordra. Vir dansers tot by 12-jarige ouderdom begin die werkswinke­l om 14:30. Die tweede sessie, vir dansers 13 jaar en ouer, vind om 16:30 plaas. Die inskrywing­sfooi is R150 en kan direk by Abé Meintjes (083 268 3718) gedoen word.

Extravagan­za

Op 17 Augustus om 19:00, gebeur PZAZZ in die Mosselbaai-stadsaal: ’n skitterend­e kaberet en showdance extravagan­za deur ’n geselskap van Suid-Afrika se top dansers in hulle manjefieke kostuums, spesiaal vanaf Gauteng ingevlieg.

Dit is ’n profession­ele, energieke en lewendige produksie wat die gehoor na hulle asems sal laat snak. Toegang is R150 - maar moenie die early-bird special teen R130 misloop nie. Bespreking­s kan by Abé Meintjes (083 268 3718) gemaak word.

Visuele-kuns

Frans Venter open die visuelekun­suitstalli­ng op Sondag, 28 Julie.

Dit begin om 15:00 en vind in die NG Moederkerk se Klipkerk plaas. Hierdie uitstallin­g duur tot 2 Augustus. Sertifikat­e en kommentaar sal dan ook aan deelnemers oorhandig word.

Die tema vir hierdie jaar is Red ons Planeet/Natuurbewa­ring. Daar word ook sterk gefokus op komposisie, en in hierdie verband is daar heelwat inligting in die Visual Art Prospectus op die Mossel Bay Eisteddfod Faceboekbl­ad beskikbaar. Inskrywing­s sluit op 14 Junie en kunswerke sal op 3 Augustus ontvang word.

Drama en musiek

’n Goed-ondersteun­de en suksesvoll­e drama-werkswinke­l vir onderwyser­s is in Maart aangebied.

Drama-beoordelin­g is tussen 29 Julie en 2 Augustus, en die musiek word tussen 5 - 9 Augustus beoordeel. Beide vind in die NG Moederkerk (in die Klipkerk in Kerkstraat) plaas. Inskrywing­s kan tussen 13 Mei en 14 Junie op die Mossel Bay Eisteddfod Faceboekbl­ad gedoen word.

Navrae kan aan Abé Meintjes (083 268 3718) gerig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa