Mossel Bay Advertiser

So het elkeen sy ‘werk’ of doel

-

Te midde van tragedie(s) moet alledaagse take ook voortgaan.

Ek word in die week daaraan herinner toe een van my kollegas in die kantoor inspring om 'n omgee-pakkie aan 'n ander kollega te neem. Dis nie spesifiek 'n alledaagse taak nie, maar omgee is beslis.

Ons joernalist­e werk aan die tragedie wat George geruk het, en hier plaaslik in ons Mosselbaai-kantoor het 'n ander tragedie 'n kollega se familie geruk. Nee, nie 'n gebou ineenstort­ing nie, maar hartseer vir 'n geliefde bly wat dit is.

Ek word weer daaraan herinner toe ek net so voor 19:00 by die huis aankom en onthou ek moet nuwe gras gaan water gee... Niks aardskudde­nd nie, maar die goed wat moet gebeur terwyl groter goed gebeur - jou werk ook.

Ek is seker hierdie takies is die geval van noodwerker­s, vrywillige­rs, families en al die ander wat betrokke was en steeds is by die ramp in George waar 'n gebou ineengesto­rt het.

Ek lees 'n George-kollega se persoonlik­e Facebook-plasing oor die tragedie oor hoe sy die saamstaan van almal daarby betrokke waargeneem het en hoe dit haar nederig laat. Haar gedagtes, soos ek seker is die res van die media daar s'n ook was, was met diegene steeds vasgekeer én hul families.

Ek self het uit Mosselbaai met 'n pa kommunikee­r wie se seun vasgekeer was. Ons het berig oor hom wat vasgekeer is en toe ook weer toe hy uiteindeli­k gered is.

Die media (en ook reddingswe­rkers) het met tye deurgeloop onder kritiek, hetsy oor families se privaathei­d, of die van die slagoffers.

Terwyl ek met die seun se pa praat, sê ek vir hom ek dink sy seun is 'n baken van hoop vir ander - en ek bedoel dit. Om te hoor daar is kommunikas­ie met iemand daar vasgekeer, het blydskap van oraloor laat opklink, en selfs meer so toe hy gered is. Dis iets wat mense hoop gee, en hulle volg wat gedeel word, en party kan selfs inspring en help; of dit nou deur 'n omgee-pakkie of skenking is, of om net daar te wees vir 'n familie wat ondersteun­ing nodig het.

Te midde van al die kritiek, sien ek darem hier en daar mense wat vir joernalist­e opkom (en ander betrokkene­s) - 'n werk is tog 'n werk, en meeste van ons weet hoe om óns s'n te doen.

Om 'n reddingswe­rker te wees kan nie maklik wees nie. Daar is die blydskap wanneer jy iemand lewend uitkry, en dan ook natuurlik die hartverske­urende oomblikke waar die dodetal styg. Terwyl ek hier skryf is daardie getal op agt mense.

Soos my kollega ook in haar plasing gesê het, ons haal ons hoede af vir hierdie mense wat sedert Maandagmid­dag alles in hulle vermoë doen om families hoop te gee.

Ons kry in ons posisies partykeer inligting wat nie dadelik 'n familie op die toneel of een dorp aan by die huis gaan bereik nie. Dit is waar ons inkom een update op 'n slag.

En glo dit of nie, ons probeer bloot die nuutste inligting by mense kry wat nie andersins toegang daartoe sou hê nie. Dalk gee dit hoop waar daar andersins nie was nie...

 ?? Linzetta Calitz ??
Linzetta Calitz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa