Mossel Bay Advertiser

Heidelberg se segetog gestuit

- Charles Theunissen

Die Barbarians rugbyspan het die afgelope Saterdag op Never Loose Park op Heidelberg 'n baie groot tree in die regte rigting gegee toe die Babaas 'n baie belangrike Premierlig­a klubrugbyw­edstryd teen Heidelberg met 24-15 gewen het. Oor die vorige twee seisoene het die Babaas vier keer die onderspit teen Heidelberg gedelf, maar die tuisspan het homself teen 'n begeesterd­e span vasgeloop, wat nie bereid was om bes te gee nie.

Met dié sege behou die Babaas hul eerste posisie op die punteleer en die kaf sal van die koring geskei word wanneer Barbarians môre op Groot-Brakrivier in die House of Pain teen die huidige SWD-kampioen te staan kom. Die Babaas kan egter baie waarde put uit die afgelope naweek se vertoning teen Heidelberg, wat die Superliga naaswenner was die afgelope twee seisoen.

Die gure weersomsta­ndighede het geen impak op 'n wedstryd gehad waarin beide spanne gewys het hulle was daar om 'n skouspel op te dis. Beide spanne het met goeie aanvallend­e rugby beïndruk, maar dit was Heidelberg wat eerste munt geslaan het ná uitstekend­e samespel tussen voor- en agterspele­rs om agter die doellyn te gaan afrond. 'n Verdere strafskop het die tuisspan skielik met 10-0 laat voorloop voor die besoekers met groot geduld daarin geslaag het om self voor die draaislag punte op die telbord te kon plaas om met 7-10 die tweede helfte mee te kon begin.

Ondanks 'n hele paar harde buie reën en die veld wat glad nie geskik was vir hardloopru­gby nie, het beide spanne steeds daarin geslaag om die skare op hul voete te kry met aanvallend­e spel van beide kante af. Die Babaas het egter met die loslaat van hul eie "Bomb Squad" die finale spyker in die tuisspan se doodskis geslaan met 'n vars voorry en twee van die vinnigste losvoorspe­lers in die liga waarop Heidelberg geen antwoord gehad het nie.

Shane Vaughn het die gety gedraai toe hy met 'n praglopie van 40m vyf opponente uitoorlê het om agter die pale te gaan kuier om die telling 17-10 in die guns van die beoekers te maak. Met 10 minute se speeltyd oor het die regtervleu­el, Garren Groenewald, die uitslag bo alle twyfel gestel met nog 'n verdoelde drie voor die tuisspan in die doodsnikke 'n troosdrie gedruk het om die telling tot 24-15 te voer en 'n welverdien­de oorwinning aan die Babaas te besorg.

Die Babaas se tweede span moes ongelukkig met 14-17 die knie buig, maar die derde span is nog onoorwonne na 'n naelskraap­se sege met 7-3.

 ?? ?? Shane Vaughn van Babaas in aksie.
Shane Vaughn van Babaas in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa