Mossel Bay Advertiser

Goeie tellings aangeteken tydens windstil dag op die skietbaan

-

Skuts het mekaar die afgelope Saterdag tydens die maandeliks­e skietkompe­tisie van die Neill Calitz Skietklub goed opgedreun. Die kompetsie het in heerlike windstil omstandigh­ede plaasgevin­d met 12 skuts wat in aksie was. Vier van dié skuts neem van 'n nullo-voorgee deel met twee van die skuts, Calie Brown en Suzette Herrer wat dan ook onderskeid­elik eerste en tweede op die dag geëindig het.

Beide van hulle skop die dag se verrigting­e op 'n hoë noot af en teken albei 97/100 oor die 10m aan. Suzette teken 'n puik 91/100 oor die 20m aan met Calie wat 'n skitterend­e 135/150 in die snelvuur oor 20m aanteken.

Dié twee skiet ook al vyf hul metaal silhoeëtte in die toegelate 20 sekondes plat maar dit is Hans Willemse en Liam Brown wat die kroon span toe hulle óók al vyf hulle metaal silhoeëtte in die gegewe tyd platskiet, maar beide slegs ses van hulle sewe patrone gebruik het om dit te doen.

Ivan Maddison het ook 'n goeie dag gehad en skiet 'n puik 46/50 met die 9mm oor 10m, Hy eindig dan ook algeheel derde vir dag met Jan Venter in die vierde plek en Hannes Ingram in die vyfde plek vir die dag.

Uitslae

.22 oor 10m: 1. Suzette Herrer en Calie Brown; 3. Ivan Maddison; 4. Hannes Ingram en Gert Nel; 6. Gerrie Bester; 7. Bennie van den Heever; 8. Liam Brown; 9. Johan Uys; 10. Jan Venter.

.22 oor 20m: 1. Suzette Herrer; 2. Jan Venter; 3. Bennie van den Heever; 4. Calie Brown; 5. Hannes Ingram; 6. Gerrie Bester; 7. Ivan Maddison; 8. Gert Nel; 9. Donovan Day; 10. Hans Willemse.

.22 snelvuur oor 20m: 1. Calie Brown; 2. Hannes Ingram; 3. Jan Venter; 4. Bennie van den Heever; 5. Ivan Maddison; 6. Gert

Nel. 7. Suzette Herrer; 8. Johan Uys; 9. Donovan Day; 10. Gerrie Bester. Metaal silhoeëtte: 1. Hans Willemse, Liam Brown, Calie Brown en Suzette Herrer;

5. Gert Nel; 6. Hannes Ingram en Ivan Maddison; 8. Gerrie Bester, Donovan Day en Bennie van den Heever.

9mm oor 10m: 1. Ivan Maddison; 2. Gerrie Bester; 3. Bennie van den Heever;

4. Donovan Day; 5. Jan Venter; 6. Calie Brown en Jan Venter; 8. Hannes Ingram; 9. Johan Uys; 10. Suzette Herrer.

Vir enige navrae oor die skietklub kontak Suzette Herrer (082 478 8090).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa