Drie mo­tors in bot­sing

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HAN­NES VISSER

‘n Be­stuur­der wat Woens­dag­og­gend voor ‘n aan­ko­men­de voer­tuig in­ge­draai het, het drie erns­tig-be­ska­dig­de mo­tors tot ge­volg ge­had.

Die bot­sing het om on­ge­veer 07:10 by die be­rug­te krui­sing van Ba­ron van Ree­de- en Vic­to­ri­a­straat plaas­ge­vind.

Ter­wyl ‘n vrou en haar 18-ja­ri­ge dog­ter by die stop­straat in Vic­to­ri­a­straat ge­wag het, het ‘n wit O­pel regs uit Ba­ron van Ree­de­straat in Vic­to­ri­a­straat en voor ‘n aan­ko­men­de geel Toyo­ta Corol­la in­ge­draai. Die Toyo­ta het die O­pel links ag­ter ge­tref. Die slag het die O­pel teen die wag­ten­de vrou se Fi­at Uno ge­slin­ger. Die Toyo­ta het op die sy­paad­jie be­land en ‘n ver­keers­te­ken ge­tref.

Vol­gens nood­diens­per­so­neel het een van die kin­ders in die O­pel slegs ’n ge­rin­ge be­se­ring op­ge­doen, ver­moe­de­lik toe die O­pel die Uno ge­tref het. Die bot­sing is op ‘n na­by­ge­leë wo­ning se se­ker­heids­ka­me­ra vas­ge­vang.

Die spe­si­fie­ke krui­sing is een van vier krui­sings in Ba­ron van Ree­de­straat en Lan­gen­ho­ven­weg wat be­rug is vir ge­reel­de bot­sings.

Fo­to: Han­nes Visser

Die bot­sings­to­neel in Ba­ron van Ree­de­straat waar­by drie voer­tuie be­trok­ke was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.