Moord­saak uit­ge­stel oor DNS in­lig­ting

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GAR­NETT WICOMB

Die saak teen die man wat daar­van aan­ge­kla word dat hy ‘n vrou van S­mar­tie To­wn in 2016 wreed ver­moor het, kon Dins­dag weer nie be­gin nie om­dat daar steeds vir DNS-do­ku­men­te ge­wag word.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het in Ok­to­ber 2016 be­rig dat Ju­li­a­na Lin­ger­veld (32), be­ter be­kend as Mei­sie, se naak­te lig­gaam op ‘n Son­dag in S­mar­tie To­wn ge­vind is.

Sy het die vo­ri­ge aand net na 22:00 uit­ge­gaan en is nooit weer le­wend ge­sien nie. Lin­ger­veld is die vol­gen­de dag, deur ‘n man wat na­by die Vol­struis­slag­pa­le woon, ge­vind. Sy is na be­we­ring ook ver­krag.

Sip­ha­mand­la Claas­sen is la­ter vir haar moord in heg­te­nis ge­neem.

Hy was glo die laas­te per­soon wat saam met die oor­le­de­ne ge­sien is en hy het met sy borg­to­gaan­soek aan­ge­dui dat hy skul­dig sal pleit.

Claas­sen en Lin­ger­veld was glo die be­trok­ke aand in ‘n woor­de­wis­se­ling be­trok­ke en oog­ge­tui­es het ge­sien hoe hy haar neer­ge­gooi en met ‘n k­lip in die ge­sig ge­kap het.

Streek­land­dros Da­ni­ël Boks het die saak tot 6 Ju­nie uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.