Skool­hoof op trek­ker s­kool toe

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - CHRIS­TO VER­MAAK

On­der­wy­sers en die leer­der­raad van La­er­skool Wes­bank, Oudts­hoorn, het Vry­dag­og­gend 15 Ju­nie, ge­re­ël dat die skool­hoof, Wal­do Cloe­te, as ver­jaars­dag­ge­skenk met ‘n trek­ker die skool­ter­rein in­ge­bring word.

Cloe­te ver­jaar eers 26 Ju­nie, maar weens die skool­va­kan­sie het die ver­rig­tin­ge Vry­dag plaas­ge­vind.

Hy was on­be­wus van die ver­ras­sing wat op hom wag.

Cloe­te was vroeg die og­gend in ‘n per­so­neel­ver­ga­de­ring. Toe hy die per­so­neel­ka­mer uit­stap het die leer­der­raad hom ‘ont­voer’ en na bui­te ge­neem waar ‘n groot John Dee­re-trek­ker en dry­wer op om ge­wag het.

Die he­le s­kool se leer­ders het hom op die s­kool se rug­by­veld in­ge­wag, ter­wyl hy eers vir ‘n rit deur Wes­bank se woon­buurt ge­neem is en ‘n wy­le la­ter van­uit Park­weg die skool­ter­rein in­ge­bring is.

Jui­gen­de leer­ders het hom ver­wel­kom. ‘n Ta­fel met lek­ker­nye en ‘n bil­tong­koek is ook op die veld op­ge­slaan, so­dat die leer­ders saam kon fees­vier.

Fo­to’s: Chris­to Ver­maak

Skool­hoof Wal­do Cloe­te (ag­ter; vier­de van links) by die leer­der­raad na hy van die trek­ker af­ge­klim het.

Lek­ker­nye uit­ge­pak vir die leer­ders om hul skool­hoof se ver­jaars­dag te vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.