Bot­sing by be­rug­te krui­sing

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - HAN­NES VIS­SER

‘n Bot­sing by die krui­sing van Ra­de­mey­erstraat en Lan­gen­ho­ven­weg gis­ter­og­gend om 05:45 was die twee­de erns­ti­ge bot­sing by ‘n krui­sing waar­oor mo­to­ris­te reeds ja­re kla. ‘n Ford-bak­kie van die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te wat van­af Knys­na na die Oudts­hoorn-ge­van­ge­nis ter­rein on­der­weg was het ‘n Re­nault K­wik ge­tref toe dit Lan­gen­ho­ven straat uit Ra­de­mey­erstraat oor­ge­steek het. Die Ford-bak­kie met twee amp­te­na­re en ‘n ge­van­ge­ne ag­ter in die voer­tuig het die Re­nault op die lin­ker­sy ge­tref waar­na die Re­nault teen ‘n muur vas­ge­ry het. Die vyf in­sit­ten­des van die Re­nault is werk­ne­mers van‘ n se­ker­heids­maat­skap­py en was on­der­weg werk toe. Een van die pas­sa­siers het be­se­rings aan haar on­der­lyf op­ge­doen, een het hoof­be­se­rings op­ge­doen en ‘n der­de per­soon het ‘n been­be­se­ring op­ge­doen. Hul­le is op die to­neel be­han­del en per am­bu­lans hos­pi­taal toe ge­neem. Die twee le­de van kor­rek­tie­we diens­te is on­ge­deerd. Hul­le het die ag­ter­kant van die voer­tuig op ver­soek van die po­li­sie oop­ge­sluit so­dat pa­ra­me­di­ci kon be­paal of die ge­van­ge­ne be­seer is. Hy het ge­kla van ‘n seer nek en is vir ob­ser­va­sie na die sie­ke­boeg by die ge­van­ge­nis ter­rein ge­neem.

Twee we­ke ge­le­de is drie voer­tuie be­ska­dig en vier men­se be­seer by nog ‘n be­rug­te krui­sing in die hoof­pad wat deur Oudts­hoorn loop. Daar­die bot­sing het by die krui­sing van Van der Riet- en Ba­ron van Ree­de­straat plaas­ge­vind.

In­wo­ners rig reeds ja­re lank ver­soe­ke dat krui­sings in Lan­gen­ho­ven­weg en Ba­ron van Ree­de­straat waar ge­reeld bot­sings voor­kom, be­vei­lig moet word. Om­dat dit eg­ter ‘n pro­vin­si­a­le pad is wat deur die dorp loop, blyk dit dat die op­rig­ting van ver­keers­lig­te of stop­stra­te nie ‘n een­vou­di­ge pro­ses is nie.

Fo­to: Han­nes Vis­ser.

‘n Be­seer­de pas­sa­sier word am­bu­lans toe ge­neem na­dat sy op die to­neel ge­sta­bi­li­seer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.