Vier in hof na aan­ran­ding op plaas

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

Die saak teen drie mans en ‘n jeug­di­ge van De Rust wat daar­van aan­ge­kla word dat hul­le ‘n vrou en haar broer in ‘n plaas­huis bui­te De Rust met mes­se ge­dreig en be­roof het, is Maan­dag in die Oudts­hoorn streek­hof tot 18 Ju­lie uit­ge­stel om­dat die jeug­di­ge nie by die hof was nie. ‘n Las­brief vir sy ar­res­ta­sie is ge­las.

Die staat be­weer dat Ni­klaas Wit­booi (23), Ja­son Jan­tjies (24), Jo­seph Jan­tjies (18) en ‘n 16-ja­ri­ge jeug­di­ge wat in die sorg van sy pa ge­plaas is, op Maan­dag 8 Ja­nu­a­rie by die plaas­huis in­ge­bars het na­dat die ei­e­naar ver­trek het om wer­kers huis toe te neem.

Hul­le word aan­ge­kla van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de.

Die vier het die huis ge­plun­der, geld ge­ëis en met fiet­se, ‘n skoot­re­ke­naar, sel­foon, kon­tant en ju­we­le op die vlug ge­slaan. Feit­lik al die i­tems is eg­ter kort daar­na deur die po­li­sie te­rug­ge­vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.