Pro­tes na ver­skui­wing van raads­ver­ga­de­ring

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die ver­skui­wing van ‘n raads­ver­ga­de­ring na ‘n pri­vaat toe­ris­me ve­nue ver­le­de Vry­dag, het tot groot on­te­vre­den­heid van op­po­si­sie­par­tye en so­wat 10 le­de van die pu­bliek ge­lei.

Die hand­jie vol on­te­vre­de­nes het bran­de op die grot­te­pad bui­te die wild­s­plaas be­gin uit pro­tes dat hul­le nie tot die ver­ga­de­ring toe­ge­laat is nie.

Oudts­hoorn se mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, Al­len Paul­se, het ver­le­de week ken­nis ge­gee dat Vry­dag 29 Ju­nie se raads­ver­ga­de­ring as ge­volg van “se­ku­ri­teits­re­des” nie in die raad­saal sal plaas­vind nie. Die ver­ga­de­ring is in die kon­fe­ren­sie­lo­kaal van ‘n plek bui­te Oudts­hoorn ge­hou.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het ver­neem dat se­ker­heids­wag­te, wie se kon­trak­te on­ge­veer twee maan­de ge­le­de by die mu­ni­si­pa­li­teit op­ge­sê is, vol­gens po­li­tie­ke en mu­ni­si­pa­le lei­ers glo aan­ge­dui het dat hul­le die ver­ga­de­ring in die mu­ni­si­pa­le ge­bou gaan ont­wrig.

“Dit is die re­de waar­om die ver­ga­de­ring ver­skuif is,” het ‘n se­ni­or amp­te­naar aan die

Oudts­hoorn Cou­rant ge­sê.

Hi­la­ry Ca­rel­se, ‘n woord­voer­der vir die af­ge­dank­te se­ker­heids­wag­te, het Woens­dag ten sterk­ste ont­ken dat hul­le e­ni­ge plan­ne ge­had het om die ver­ga­de­ring te ont­wrig.

Met die aan­vang van die ver­ga­de­ring wou so­wat tien le­de van die pu­bliek, wat hoof­saak­lik uit ANC-le­de be­staan het, die ver­ga­de­ring by­woon. Hul­le is eg­ter toe­gang tot die ter­rein deur die ei­e­naar van die wild­s­plaas ge­wei­er.

ANC-raads­lid Kla­sie Wind­vo­gel, het met die aan­vang van die ver­ga­de­ring teen­oor die spea­ker, Ju­lia le Roux Kro­witz, ge­kla dat die pu­bliek by die in­gang van die per­seel toe­gang ge­wei­er word. Non­du­mi­so Mag­o­pe­ni, die plaas­li­ke ANC-hoof­sweep, het aan Le Roux Kro­witz ge­sê: “Ons men­se staan daar bui­te, hul­le word toe­gang ge­wei­er deur die ei­e­naar.”

Ter­wyl die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der ver­dui­de­lik het waar­om die pu­bliek toe­gang ge­wei­er is, het die ses ANC-raads­le­de en een I­co­sa-raads­lid die ver­ga­de­ring ver­laat.

Le Roux Kro­witz het met 14 DA-raads­le­de, wat ‘n kwo­rum was, met die ver­ga­de­ring voort­ge­gaan en die a­gen­da van by­kans 1 000 blad­sye af­ge­han­del.

Die ei­e­naar van die kon­fe­ren­sie lo­kaal het aan die Oudts­hoorn Cou­rant ge­sê die lo­kaal is vir ‘n ge­wo­ne ver­ga­de­ring teen die nor­ma­le ta­rief be­spreek.

In re­ak­sie op ‘n na­vraag het hy ge­sê: “Die mu­ni­si­pa­li­teit het ‘n ver­soek ge­had vir ‘n kon­fe­ren­sie lo­kaal waar hul­le‘ n ver­ga­de­ring wil hou. Die og­gend van die ver­ga­de­ring is ons in ken­nis ge­stel dat dit wel ‘n raads­ver­ga­de­ring is en dat ons die pu­bliek kan ver­wag. Ek het self by die toe­gangs­hek gaan staan om toe te sien dat die ge­beu­re or­de­lik sou ge­skied. ‘n Groep men­se is met ‘n bus­sie by die teer­pad af­ge­laai. Ter­wyl hul­le na die toe­gangs­hek aan­ge­stap ge­kom het, het hul­le eg­ter reeds op­mer­kings be­gin skree. Ek het toe be­sluit om hul­le nie toe te laat op die per­seel nie as ge­volg van die vei­lig­heid van die per­so­neel en oor­nag­gas­te.”

Hy het ook be­ves­tig dat die mu­ni­si­pa­li­teit die nor­ma­le ta­rie­we vir die lo­kaal be­taal het. Hy het te­le­fo­nies ook ge­sê dat ‘n groep toe­ris­te wat die wild­s­plaas wou be­soek het van plan ver­an­der het toe hul­le die bran­den­de ban­de in die pad sien.

Kapt. Lou­is Vis­ser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie het ge­sê geen klag­te is ge­lê nie en die po­li­sie het net voor­ko­mend op­ge­tree en die si­tu­a­sie ont­lont.

Fo­to: Han­nes Vis­ser

Oor­blyf­sels van vier bui­te­ban­de wat uit pro­tes teen ‘n raads­ver­ga­de­ring op die grot­te­pad ge­brand is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.