Man wat vrou 24 keer steek 20 jaar tronk toe

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WICOMB

‘n Man van Nis­sen­vil­le, La­di­smith wat sy vrou 24 keer met ‘n mes ge­steek het, is ver­le­de Vry­dag in die rond­gaan­de streek­hof op La­di­smith 20 jaar ge­van­ge­nis­straf vir moord met voor­be­dag­te ra­de op­ge­lê.

Pe­trus Rui­ters (56) het in ‘n plei­toor­een­koms met die staat, er­ken dat hy sy 60-ja­ri­ge vrou, Jo­han­na Rui­ters, in haar bed ver­moor het, om­dat hy ver­moed het dat sy ‘n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding ge­had het. Die voor­val het op 28 A­pril 2017 plaas­ge­vind.

Die staats­aan­kla­er Hy­ron Goul­ding, het dit eg­ter aan die hof ge­stel dat dit nie die ge­val was nie. Rui­ters het, na­dat borg­tog aan hom toe­ge­staan is, by die wo­ning waar hy sy vrou ver­moor het, met ‘n nu­we saam­leef­vrou in­ge­trek.

Die saak het voor streek­land­dros Re­tha P­re­to­ri­us ge­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.