Jong man dood­ge­ry

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - LIEZL VAN NIEKERK

Die fa­mi­lie van ‘n be­lo­wen­de jong rug­by­spe­ler wat Vry­dag­aand deur ‘n mo­tor dood­ge­ry is, het eers Son­dag die ont­stel­len­de nuus ge­kry.

Wil­lon Lu­cas (17) is Vry­dag­aand op die to­neel dood toe hy na­by Su­pa Quick deur ‘n mo­tor ge­tref is ter­wyl hy die pad oor­ge­steek het. Die po­li­sie het Sa­ter­dag­og­gend ‘n be­skry­wing van hom ver­skaf aan­ge­sien hy nie ‘n i­den­ti­teits­do­ku­ment by hom ge­had het nie.

Vol­gens sy tan­nie, Ag­nes Maar­man, was hy Vry­dag­aand na vrien­de toe en sou hy die aand by ‘n fa­mi­lie­lid oor­slaap, maar hy het nooit sy be­stem­ming be­reik nie.

“Sa­ter­dag­og­gend het die fa­mi­lie­lid ge­vra of Wil­lon by ons is, want hy het nooit by hul­le op­ge­daag nie. Ons het o­ral na hom ge­soek. Ons het die hos­pi­ta­le en sy vrien­de ge­bel, maar nie­mand het ge­weet waar hy was nie. Ons het Son­dag ‘n draai by die po­li­sie gaan maak en te dan­ke aan ‘n skool­maat van Wil­lon wat sy foto aan ‘n speur­der ge­wys het, het hul­le ons Son­dag­mid­dag ge­kon­tak. Die po­li­sie het ge­sê daar is Vry­dag­aand ‘n per­soon dood­ge­ry, maar hul­le het nie ge­weet dit is Wil­lon nie om­dat die per­soon ou­er as 17 ge­lyk het.”

Vol­gens Lu­cas se sus­ter, Ro­se­li­ne Ge­s­windt, het die fa­mi­lie Son­dag met men­se wat Vry­dag­aand op die to­neel was, ge­sels.

“Wil­lon het van Su­pa Quick se kant af oor die pad ge­stap. Hy was glo am­per by die mid­del­man­ne­tjie toe die voer­tuig van die dorp se kant af aan­kom. Die kar het hom ge­tref en Wil­lon het ‘n ent­jie deur die lug ge­trek en toe ry die kar bo-oor hom.”

Ge­s­windt sê ‘n bak­kie het in die an­der baan ge­stop om te ver­hoed dat an­der voer­tuie booor Lu­cas ry.

Kapt. Lou­is Vis­ser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, het ge­sê die be­stuur­der van die voer­tuig het nie van die to­neel af weg­ge­ry nie.

“Nie­mand is in heg­te­nis ge­neem nie, maar ‘n klag van straf­ba­re man­slag word on­der­soek.”

Wil­lon, die rug­bys­ter

Lo­ma-De­an Sa­mu­els, Lu­cas se tan­nie, het Lu­cas as ‘n sport­ster en ‘n pas­sie­vol­le kind be­skryf.

“Sy by­naam was Po­wer. Die kind was sterk en vin­nig en kon e­ni­ge po­si­sie op die rug­by­veld speel. Hy het vir Mô­re­ster se o.19 A-span ge­speel en was só trots daar­op.”

Vol­gens haar sou Lu­cas op 18 Au­gus­tus 18 jaar oud word en ook as deel van die skool se Se­wes­rug­by­span op die veld uit­draf.

“Hy het so daar­na uit­ge­sien. Ons het al sy par­ty­tjie ook be­plan. Dit sou vir hom ‘n baie groot dag ge­wees het,” vertel Ge­s­windt.

Lu­cas se pa is oor­le­de toe hy net drie jaar oud was en vol­gens sy sus­ter en ma, Di­na Lu­cas, die man in die huis.

Hy word oor­leef deur sy ma, twee broers en ‘n sus­ter.

Lu­cas word Sa­ter­dag 11:00 van­uit die AGS in Toe­koms­rus be­gra­we. Daar sal om 10:00 ‘n diens by die fa­mi­lie­huis in Jon­ker­straat ge­hou word.

Foto: E­be­ne­zer Ti­tus IN­SET: Wil­lon Lu­cas (17)

Die to­neel Vry­dag­aand in Voor­trek­ker­weg waar Wil­lon Lu­cas dood­ge­ry is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.