Spoed dalk fac­tor in bot­sing

Oudtshoorn Courant - - VOORBLAD - HANNES VIS­SER

Die feit dat drie in­sit­ten­des van twee mo­tors Son­dag­og­gend by­kans on­ge­de­ërd was na ‘n erns­ti­ge bot­sing is deur nood­diens­te­wer­kers as ‘n won­der­werk be­skryf. Be­we­rin­ge dat s­poed ‘n rol in die erns van die bot­sing ge­speel het is ook uit ver­skeie oor­de ge­hoor.

Ver­skeie be­we­rings dat ‘n rooi BMW, wat ver­le­de na­week in ‘n erns­ti­ge bot­sing be­trok­ke was, baie vin­nig ge­ry het, is hier­die week op­ge­volg.

Die bot­sing het Son­dag­og­gend 16 Sep­tem­ber, om­streeks 06:10 by die krui­sing van Ba­ron van Ree­de­straat en Voor­trek­ker­weg plaas­ge­vind toe die BMW teen die lin­ker­sy van ‘n wit Toyo­ta C­res­si­da ge­bots het. Die slag van die bot­sing het die C­res­si­da in die mid­del laat knak en dit teen twee pa­le op die sy­paad­jie ge­slin­ger. Die voor­kant van die BMW is on­her­stel­baar be­ska­dig en die mo­tor het so­wat 15 me­ter ver­der teen die sy­paad­jie tot stil­stand ge­kom. Nood­diens­wer­kers op die to­neel het dit as ‘n won­der­werk be­skryf dat nie­mand, en ver­al nie die be­stuur­der van die Toyo­ta, erns­tig be­seer is ty­dens die bot­sing nie.

“Toe ons die man in die C­res­si­da sien lê, het ons ge­dink hy is dood, maar toe maak hy sy oë oop. Dit is ‘n won­der­werk dat hy net ‘n hou teen die kop ge­kry het,” het een van die pa­ra­me­di­ci ge­sê. Die be­stuur­der van die BMW is on­ge­deerd en ‘n vrou­li­ke pas­sa­sier wat saam met hom was het slegs lig­te be­se­rings aan haar mond op­ge­doen. Die be­stuur­der van die BMW het aan­vank­lik op die to­neel ge­sê hy het by die ver­keers­lig weg­ge­trek toe hy deur die C­res­si­da ge­tref is. La­ter het hy ge­sê hy het sta­dig ge­ry toe die C­res­si­da vin­nig voor hom in­ge­draai het.

Die be­stuur­der van die C­res­si­da, S­te­fan S­peel­man (22), sê die BMW het so vin­nig van voor ge­kom dat hy hom glad nie ge­sien het voor­dat die mo­tor op hom was nie. “Ek het by die ver­keers­lig ge­wag om in Ba­ron van Ree­de­straat in te draai. Daar het ‘n taxi van voor af ge­kom en ek het ge­wag tot­dat hy ver­by is. Daar was geen voer­tuig ag­ter die taxi nie en ek het be­gin draai. Die vol­gen­de oom­blik het ek ‘n kar se lig­te ge­sien wat oor die bult­jie kom en reg op my af­kom. Ek kon niks doen nie en die kar het my ge­tref.”

Vol­gens hom het hy sy be­wus­syn ver­loor en eers wak­ker ge­word toe nood­diens­wer­kers by hom ge­kom het. Hy het Dins­dag by sy ou­er­huis in La­te­gans­vlei ge­sê hy kan nie glo dat hy met net ‘n sny teen sy kop en ‘n seer been uit die kar ge­haal is nie. Die bot­sing kon baie er­ger ge­vol­ge vir die ge­sin ge­had het as sy pa, S­te­faans, saam met hom dorp toe ge­ry het soos wat hul­le aan­vank­lik be­plan het. “As ek saam­ge­ry het sou een van ons in die pas­sa­siers­kant ge­sit het en dan was een van ons dood,” het S­te­faans ge­sê.

Die Oudts­hoorn Cou­rant het be­we­rin­ge dat men­se die BMW mi­nu­te voor die bot­sing in Voor­trek­ker­weg sien jaag het, op­ge­volg. By twee be­sig­he­de het men­se be­ves­tig dat die BMW teen ‘n hoë s­poed oor die krui­sing van Voor­trek­ker- en Jan van Rie­beeck­weg ge­jaag het en dat hul­le kort daar­na ‘n ge­wel­di­ge slag ge­hoor het.

Twee se­ker­heids­ka­me­ras van ‘n sa­ke­on­der­ne­ming het beeld­ma­te­ri­aal van die BMW wat om 06:09 oor die krui­sing jaag, se­kon­des na­dat die lig geel ge­slaan het. Kapt. Lou­is Visser, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, het be­ves­tig dat ‘n klag van roe­ke­lo­se en/of na­la­ti­ge be­stuur on­der­soek word.

Fo­to: Hannes Vis­ser.

S­te­fan S­peel­man by sy ou­ers, S­te­faans en Nel­lie in hul­le huis op La­te­gans­vlei na­dat hy uit die hos­pi­taal ont­slaan is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.