S­mar­tie To­wn­moord­saak tot De­sem­ber uit­ge­stel

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die saak teen die man van

S­mar­tie Town op Oudts­hoorn wat daar­van aan­ge­kla word dat hy sy mei­sie in 2016 wreed ver­moor en ver­krag het, is Vry­dag in die streek­hof, na die ge­tui­e­nis van een van die oog­ge­tui­es, vir ver­de­re ver­hoor tot De­sem­ber uit­ge­stel.

‘n 18-ja­ri­ge ma­triek­leer­der het Vry­dag ge­tuig dat hy ge­sien het hoe die be­skul­dig­de, Sip­ha­mand­la

Claas­sen (24), die aand van 8 Ok­to­ber 2016 die 26-ja­ri­ge Ju­li­a­na Lin­ger­veldt met ‘n klip teen die kop ge­kap, haar kle­re uit­ge­trek en ver­krag het. Haar naak­te lig­gaam is die vol­gen­de dag in die veld na­by die vol­struis­slag­pa­le ge­vind. Sy was die ma van twee seuns.

Claas­sen pleit on­skul­dig op die aan­klag van moord en ver­krag­ting, maar wel skul­dig op ‘n al­ter­na­tie­we aan­klag van straf­ba­re man­slag.

Hy er­ken in ‘n pleit­ver­dui­de­li­king dat hy Lin­ger­veldt een keer met ‘n klip teen die kop ge­kap het. Dit was ty­dens ‘n woor­de­wis­se­ling na­dat Lin­ger­veldt hom glo van on­trou­heid be­skul­dig het.

Die ge­nees­heer wat die lyk­skou­ing ge­hou het, dr. Ma­ri­a­na Win­ter­bach, het eg­ter ge­tuig dat daar twee houe aan die oor­le­de­ne se kop was wat die brein be­ska­dig het.

Die saak word deur streek­land­dros JC Nor­tje aan­ge­hoor en is vir ver­de­re ver­hoor tot 6 De­sem­ber uit­ge­stel. Cor­né P­re­to­ri­us ver­skyn vir die staat en Eu­ge­ne Roos, in op­drag van die Regs­hul­praad, na­mens die be­skul­dig­de.

Claas­sen bly in aan­hou­ding.

Ju­li­a­na Lin­ger­veldt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.