Agt­ja­ri­ge ver­drink in swem­bad

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIE­KERK

Wat ver­on­der­stel was om

‘n rus­ti­ge fa­mi­lie­saam­trek te wees het Son­dag tra­gies ge­ëin­dig toe ‘n agt­ja­ri­ge mei­sie by die Ca­litz­dorp-spa ver­drink het.

Cel­lu­mia-Lee Be­zui­den­hout het se­dert

Vry­dag saam met haar fa­mi­lie by die spa ge­kamp.

Vol­gens ‘n fa­mi­lie­lid, Sa­man­thia Die­de­ricks, het Cel­lu­mia-Lee op die swem­bad se rand ge­sit toe die voor­val ge­beur het.

“Ons het die GKTV (CCTV)-vi­deo ge­sien. Nie­mand van ons ver­staan reg­tig hoe sy in die wa­ter kon val nie. Sy het rus­tig op die swem­bad se rand ge­sit en haar been­tjies met ‘n be­ker­tjie nat­ge­gooi. Daar was se­ker 12 kin­ders in die swem­bad. Op die vi­deo sien mens hoe sy net vo­ren­toe bin­ne-in die wa­ter val. Nie­mand was by haar ge­wees nie. Nie­mand het haar in­ge­stamp of aan haar ge­raak nie.”

Die­de­ricks sê Cel­lu­mia-Lee was on­ge­veer 12 mi­nu­te on­der die wa­ter. Een van die kin­ders het haar on­der die wa­ter ge­voel en ‘n an­der seun het in­ge­duik en haar uit­ge­haal.

“’n Jong seun het KPR (CPR) op haar ge­doen. Hy het ge­sê hy kon nog haar pols voel. Hy het dit ge­doen tot pa­ra­me­di­ci by die swem­bad op­ge­daag het en hul­le het ook ge­sê hul­le het nog ‘n pols ge­voel. Die pa­ra­me­di­ci het om­trent ‘n uur lank pro­beer om haar te help. Hul­le het hard pro­beer om haar le­we te red, maar dit was te­ver­geefs. Sy is op die to­neel dood ver­klaar.”

Vol­gens Die­de­ricks is die kind se ma, Vic­to­ria, steeds erg ge­skok oor haar kind se dood.

“Vic­to­ria is baie hart­seer. Cel­lu­mi­aLee was haar e­nig­ste kind. Sy het haar laat in haar le­we ge­had en Cel­lu­mia-Lee was reg­tig haar won­der­wer­kie. Sy het haar al­tyd soos goud op­ge­pas. Cel­lu­mia-Lee is met ‘n hart- en long­siek­te ge­bo­re en sy sou vol­gen­de maand vir ‘n o­pe­ra­sie gaan. Daar is so baie vrae rond­om haar dood. Mis­kien was dit oor haar siek­te of mis­kien het haar been­tjies al hoe na­der aan die swem­bad ge­gly soos sy haar­self met die wa­ter ge­gooi het. Ons weet reg­tig nie hoe dit kon ge­beur nie.”

Die­de­ricks sê sy hoop dat Cel­lu­mia-Lee se dood ook an­der ou­ers en fa­mi­lie­le­de meer pa­raat maak wan­neer hul­le kin­ders by wa­ter is.

“Cel­lu­mia-Lee is nie dood weens na­la­tig­heid nie. Dit was let­ter­lik in daar­die se­kon­des wat ons nie ge­kyk nie. Dit was ‘n frats­on­ge­luk.”

Die­de­ricks het haar as ‘n en­gel­kind be­skryf.

“Sy was sag­ge­aard, sy het die mooi­ste ma­nie­re ge­had en die mooi­ste per­soon­lik­heid. Al­mal was so lief vir haar. Sy was ‘n vreug­de in ons le­we. Dit voel so on­werk­lik. Ons mis haar ver­al wan­neer sy in die og­gen­de moet reg­maak vir skool of wan­neer sy van die skool af moet huis toe kom. Cel­lu­mia-Lee sal vir e­wig in ons har­te ge­dra word. Ons sal haar nooit kan ver­geet nie.”

Cel­lu­mia-Lee se be­graf­nis word op 30 Sep­tem­ber in Ash­ton ge­hou.

Cel­lu­mia-Lee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.