Voor­smaak van T­hou­sand Sen­sa­ti­ons in Oudts­hoorn

Oudtshoorn Courant - - NEWS - TISHA S­TEYN

On­ge­veer 40 Oudts­hoor­nie­te kon Dins­dag­aand by Turn­ber­ry Ho­tel ‘n voor­sma­kie ge­niet van die na­week se T­hou­sand Sen­sa­ti­ons Craft Li­qour Food and Mu­sic Fe­s­ti­val wat by Fan­court aan­ge­bied word. Niel Els, sjef en me­deei­e­naar van Turn­ber­ry het tra­di­si­o­ne­le boe­re­kos met ‘n kin­kel, ge­paar met uit­soek boe­tiek­drink­goed wat T­hou­sand Sen­sa­ti­ons se A­le­wi­jn Dip­pe­naar saam­ge­bring het. Dip­pe­naar het 11 van die 218 boe­tiek­drink­goed wat Vry­dag en Sa­ter­dag by Fan­court te proe gaan wees, ge­paar met Els se uit­soek­hap­pies.

Vat nou maar die Ro­bert­son Brou­e­ry in Ge­or­ge, waar agt ver­skil­len­de boe­tiek­bier­spe­sies met nos­tal­gie­se na­me soos Rythm, Reg­gae, Blu­es en Coun­try ge­brou word, ge­paar met Niel se vars ta­ma­tie­sop met ‘n sub­tie­le ko­myn­geur.

Of Ca­pe Me­ad B­re­we­ry se twee heu­ning­bie­re – en Grund­heim se Black Moun­tain Gin, met die on­mis­ken­ba­re geur van Ka­roo­bos­sies – ge­paar met ou­ma se bo­bo­tie op­ge­dol­lie in ‘n tra­di­si­o­ne­le In­die­se sa­moe­sa. Dis mos nou ‘n on­hei­li­ge hu­we­lik...

Of The Vi­kings Dark Moon boe­tiek­bier, ge­paar met sub­tie­le ge­rook­te salm, gua­ca­mo­le en ‘n brood­stok­kie om dit mee op te klits. “Die voor­af­proeë, wat ook by drie ve­nues in Ge­or­ge en Wil­der­ness plaas­ge­vind het, het ‘n dub­be­le doel – eer­stens maak dit men­se be­wus van die groei­en­de boe­tiek­drink­goed­be­dryf, wat ‘n to­ta­le al­ter­na­tie­we smaak­sen­sa­sie is en men­se op­nuut laat dink oor wat hul­le drink, en ‘n be­mar­kings­ak­sie vir die T­hou­sand Sen­sa­ti­ons­saam­trek by Fan­court,” ver­dui­de­lik Dip­pe­naar. Hy het ge­sê hy is ver­stom oor die wy­se waar­op die fees ge­groei het se­dert die eer­ste een met slegs ‘n paar kraft­bie­re wat hy as ‘n ver­jaars­dag­par­ty­tjie ge­re­ël het. Die ter­rein is Vry­dag van 15:00 tot 22:00 oop en Sa­ter­dag van­af 11:00 tot 22:00. Toe­gang tot die fees by Fan­court kos R80 per vol­was­se­ne per dag, of R140 vir twee dae, R40 per kind tus­sen 12 en 18 en kin­ders on­der 12 gra­tis. Kaar­tjies is be­skik­baar by www.tic­ke­trush.co.za Kon­tak A­le­wi­jn Dip­pe­naar by 082 457 5675 of dyn­dev@ mweb.co.za of be­soek die web­blad www. thou­sand­sen­sa­ti­ons.co.za of Fa­ce­book T­hou­sand Sen­sa­ti­ons vir meer in­lig­ting.

Fo­to: Tisha S­teyn

Niel Els van Turn­ber­ry Boe­tiek­ho­tel en A­le­wi­jn Dip­pe­naar, skep­per van T­hou­sand Sen­sta­ti­ons boe­tiek-drink­goed­fees wat die na­week by Fan­court in Ge­or­ge aan­ge­bied word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.