Syl­ves­ter pa van twee­ling

Oudtshoorn Courant - - NEWS - TISHA S­TEYN

Syl­ves­ter, Suid-A­fri­ka se be­kend­ste leeu­man­ne­tjie, wat twee jaar ge­le­de in die nuus was toe hy twee keer uit die Ka­roo Na­si­o­na­le Park by Beau­fort-Wes ont­snap het, en veld­wag­ters dae lank op sy spoor ge­had het, het pa ge­word.

Die Ka­la­ha­ri-leeu­man­ne­tjie is na sy om­swer­win­ge van meer as 370 km in die Sen­traal-Ka­roo, ui­t­ein­de­lik na Ka­zu­ko, ‘n pri­vaat re­ser­vaat aan­gren­send aan die Ad­doO­li­fant Na­si­o­na­le Park in die Oos-Kaap, ge­neem.

Hier het hy gou maats ge­maak met Fie­lies, ‘n jon­ger leeu­man­ne­tjie, en ui­t­ein­de­lik ook die twee leeu­wy­fies An­gel en Ni­ka ont­moet.

Dui­de­lik het die vriend­skap in iets meer ont­wik­kel. Ger­hard de Lan­ge, al­ge­me­ne be­stuur­der van die re­ser­vaat het ver­le­de week met groot trots, aan­kon­dig dat Syl­ves­ter en An­gel twee wel­pies ry­ker is.

“Dit was ‘n to­ta­le ver­ras­sing,” sê De Lan­ge. “‘n Voor­be­hoed­mid­del wat in Ja­nu­a­rie 2017 on­der el­ke wy­fie se vel in­ge­plant is, hou so­wat ‘n jaar, maar ek het nooit eens die moont­lik­heid oor­weeg dat hul­le kan drag­tig raak nie.” Die na­tuur het eg­ter haar gang ge­gaan, en vol­gens De Lan­ge se som­me moes die pa­ring reeds in Maart van­jaar plaas­ge­vind. Leeus is 110 dae lank drag­tig, en om­dat die wel­pies nou so­wat 12 we­ke oud is, is hul­le al in Ju­nie ge­bo­re.

“Om­dat al die leeus so goed aan­ge­pas is in Ku­zu­ko, kon ek nie ag­ter­kom An­gel is drag­tig nie, want al­mal be­hal­we Syl­ves­ter is bie­tjie aan die oor­ge­wig kant.”

Al­hoe­wel die te­kens daar was dat An­gel soog, steek leeu­wy­fies hul wel­pies ‘n ruk lank weg en nie­mand het hul­le ge­sien nie, ook nie De Lan­ge wat sog­gens vroeg al sy leeu­kin­ders gaan soek nie.

“Van­dat hul­le ge­bo­re is, boer Syl­ves­ter in die om­ge­wing van ‘n be­bos­te klo­fie. Al het ek hom nie daar ge­sien nie, het sy GPS­hals­band dit aan­ge­dui. Hy het die wel­pies be­slis al meer dik­wels as ek ge­sien,” sê hy.

Die wel­pies is nog te jonk om hul ge­slag te be­paal, en in hier­die s­ta­di­um is hul­le nog ver­sig­tig vir ‘n voer­tuig.

Om­dat al die leeus met hals­ban­de toe­ge­rus is, weet Ger­hard ook dat Syl­ves­ter, soos ‘n goeie pa be­taam, ‘n oog oor die wel­pies hou wan­neer An­gel en haar sus­sie Ni­ka gaan jag.

Die twee wy­fies se oor­le­wing is ook ‘n suk­ses­ver­haal, want hul­le is wees ge­laat toe hul­le so­wat vyf maan­de oud was, en Ger­hard en sy span het hul­le groot­ge­maak en in die na­tuur vry­ge­laat om vir hul­self te kan sorg. Vol­gens Ger­hard is dit ‘n eer­ste, want hy en sy span kon nie in­ter­ak­sie hê met hul­le nie.

Daar­en­teen het Syl­ves­ter, en Fie­lies, hul­le mens-pa aan­vaar en is ge­mak­lik met hom, al was Syl­ves­ter na sy on­der­on­sie met ‘n span wat we­ke lank na hom ge­soek het, maar skug­ter vir men­se toe hy in Ka­zu­ko aan­ge­kom het.

“Dit is ‘n won­der­li­ke ver­ras­sing en ‘n baie groot ge­skenk dat Syl­ves­ter, wat by­na van kant ge­maak is, en An­gel, wat eint­lik ook nie be­hoort te oor­leef het nie, van­dag twee prag­ti­ge, ge­son­de wel­pies het. Dit be­wys maar net weer dat be­wa­ring wat kor­rek en met om­gee toe­ge­pas word, ‘n ver­skil kan maak,” sê De Lan­ge.

Syl­ves­ter en An­gel se twee wel­pies wat al in Ju­nie ge­bo­re is, maar wat maan­de lank suk­ses­vol deur An­gel weg­ge­steek is.Syl­ves­ter (ag­ter) en Fie­lies, sy ko­a­li­sie­maat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.