Campher in De­sem­ber ver­der ver­hoor

Oudtshoorn Courant - - NEWS - GARNETT WI­COMB

Die saak teen ‘n man van Oudts­hoorn wat daar­van aan­ge­kla word dat hy sy saam­leef­maat, vir drie dae aan­ge­hou, ge­mar­tel en so erns­tig aan­ge­rand het dat sy van­dag met ‘n rol­stoel oor die weg moet kom, is ver­le­de Dins­dag na sy ge­tui­e­nis vir ver­de­re ver­hoor tot De­sem­ber uit­ge­stel.

En­ver Campher, staan te­reg op aan­klag­te van men­se­roof en po­ging tot moord, maar pleit on­skul­dig. Hy het ver­le­de Dins­dag ge­tuig dat hy en die kla­er, Na­ta­sha Mei (31), die na­week van 24 tot 29 Au­gus­tus 2017 by sy sus­ter, Ash­ley Campher, oor­ge­bly het. Vol­gens hom is dit nie so dat sy hul­le nie daar wou hê nie.

Hul­le het die Maan­dag­aand saam ge­drink en het la­ter be­gin ba­klei na­dat Mei nie kon sê waar die geld is wat hy haar ge­gee het vir die vrou wat na sy an­der kin­ders om­sien nie. Vol­gens hom was dit nie die eer­ste keer nie en dat dit hom baie kwaad ge­maak het.

Hy het ont­ken dat hy die sleu­tels van die huis by hom ge­hou en die slaap­ka­mer­deur waar­in hy en Mei was, toe­ge­sluit het.

Vol­gens hom het hy Mei net een keer met die vuis in die ge­sig ge­slaan waar­na sy ge­val, haar kop teen iets ge­kap en hy haar vier keer in haar lin­ker­sy ge­skop het.

Hy het op ‘n vraag van die land­dros ge­ant­woord dat hy haar hos­pi­taal toe wou neem om­dat, in sy woor­de, “sy baie seer ge­kry het”.

Die saak word deur streek­land­dros Re­tha P­re­to­ri­us aan­ge­hoor. Wil­lem Vis­ter is die aan­kla­er en Eu­ge­ne Roos van die Regs­hul­praad ver­skyn na­mens Campher.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.