A­blu­sie­ge­rie­we met woor­de

Oudtshoorn Courant - - NEWS - HANNES VIS­SER

Mo­to­ris­te sal be­aam dat die vyf stil­hou­plek­ke met a­blu­sie­ge­rie­we in Mei­rings­poort pyn­lik net­jies on­der­hou word. Dit is ook die ge­val met die twee­de­laas­te een aan Klaar­stroom se kant, wat die af­ge­lo­pe se­we maan­de deur Louw Campher en S­he­ro­le­ze Links be­man word, maar met ‘n ver­skil.

Be­hal­we dat hul­le die ter­rein en a­blu­sie­ge­rie­we net­jies hou, is die bad­ka­mers vol ge­dag­tes en skryf­stuk­ke. Oral in die ver­trek pryk pen­ne­vrug­te van Louw teen die mu­re.

Van ‘n blad­sy aan boe­re op­ge­dra om hul­le te be­dank vir hul­le har­de werk on­der moei­li­ke om­stan­dig­he­de, tot raad aan mans hoe om vroue weer soos da­mes te be­han­del. Tus­sen­in is By­bel­ver­se, toe­ge­lig met Louw se eie ge­dag­tes en op die op­per­vlak langs die was­bak is WEL­KOM net­jies met klip­pies tus­sen vet­plan­te uit­ge­pak.

Louw sê skryf is sy pas­sie. “Ek skryf el­ke dag iets en ek is ver­al lief daar­voor om lied­jies te skryf,” ver­dui­de­lik hy waar hy en S­he­ro­le­ze trots voor hul­le ge­bou staan.

S­he­ro­le­ze sê hul­le kom al twee van Dys­sels­dorp af waar die kon­trak­teur wer­kers sog­gens op­laai vir die dag se skof. “Ons werk el­ke dag tot vyf­uur en dis vir my lek­ker as men­se hier s­top en ons sien hul­le is te­vre­de met ons plek.” Op die vraag of sy ook, soos Louw, ge­dag­tes wil neer­skryf en teen die mu­re plak, lag sy net. “Nee, wat ek los maar die skry­we­ry vir hom, hy doen dit baie goed.”

‘n Pri­vaat kon­trak­teur is ver­ant­woor­de­lik vir die dag-tot-dag on­der­houd en skoon­maak van Mei­rings­poort en die stil­hou­plek­ke wat maan­de­liks deur dui­sen­de men­se ge­bruik word. Die kon­trak­teur se wer­kers is ook ge­woon­lik eer­ste by bot­sings­to­ne­le in die poort om mo­to­ris­te met rooi vlae en ty­de­li­ke ver­keers­te­kens te waar­sku. Toe Louw en S­he­ro­le­ze ver­le­de week be­soek is, was dit juis toe die Oudts­hoorn Cou­rant ‘n to­neel be­soek het waar ‘n vrag­mo­tor om­ge­slaan het.

Douw Campher en S­he­ro­le­ze Links.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.