50 jaar ge­le­de

Oudtshoorn Courant - - NEWS -

Die be­soek van prof. Chris Bar­nard, tien maan­de na sy eer­ste hart­oor­plan­ting, is ‘n groot ge­beur­te­nis; die dra van mi­ni’s en swem op Son­dae is ‘n ne­te­li­ge kwes­sie. Ge­rug­te oor die slui­ting van die On­der­wys­op­lei­dings­kol­le­ge skep span­ning; 12 on­der­wys­stu­den­te wys hul­le staal met ‘n per­de­rit­ma­ra­thon.

18 Sep­tem­ber 1968

Op die voor­blad word aan­ge­kon­dig dat prof. Chris Bar­nard en sy vrou op uit­no­di­ging van die plaas­li­ke Ta­fel­ron­de die e­re­gas­te op Oudts­hoorn se Len­te­bal op Sa­ter­dag sal wees. Die op­brengs van die bal sal vir me­die­se na­vor­sing ge­skenk word. Die Qu­een’s Ho­tel het die lo­kaal vir die bal gra­tis aan­ge­bied.

Be­rig­te in die Oudts­hoorn Cou­rant om die On­der­wys­op­lei­ding­kol­le­ge te om­skep in ‘n Mi­li­tê­re Kol­le­ge en die op­rig­ting van ‘n U­ni­ver­si­teits­kol­le­ge krap die On­der­wys­o­wer­he­de op die dorp om. Hier­die nuus is ge­pu­bli­seer son­der dat hul­le daar­oor in­ge­lig en ge­raad­pleeg is. Hul­le dis­tan­si­eer hul­le daar­van en be­skou dit as ‘n ver­trou­ens­breuk. Sul­ke be­rig­te is ook die re­de vir die da­ling in in­skry­wings by die On­der­wys­op­lei­dings­kol­le­ge.

21 Sep­tem­ber 1968

’n S­ka­re van 300 men­se het prof. Bar­nard en sy vrou by die Ge­or­ge­lug­ha­we in­ge­wag. Die On­der­wys­stu­den­te het ‘n e­re­wag ge­vorm. Oudts­hoorn se bur­ge­mees­terspaar en die voor­sit­ter van die Ta­fel­ron­de, Ge­rald B­rink en sy vrou het hul­le ver­wel­kom. By die Bur­ger­sen­trum het prof. Chris Bar­nard die kol­le­ge­stu­den­te toe­ge­spreek.

Die dra van mi­ni’s na-ure en na­we­ke moet kort­ge­vat word, is die me­ning van die S­kool­raad. Die twee ho­ër­sko­le ge­hoor­saam die re­ël van 4 duim bo die grond, wat ge­meet word as die dog­ter in ‘n knie­len­de po­si­sie staan. S­kool­hoof­de moet die ge­vaar van kort rok­kies dra aan die dog­ters oor­dra. Die pro­bleem is eg­ter na-ure en na­we­ke en hier­voor moet die ou­ers in­staan...

28 Sep­tem­ber 1968

’n Kwes­sie wat die dorp ver­le­de jaar ver­deel het, het weer op­ge­vlam. Die A­fri­kaan­se Ker­ke is ge­kant teen ‘n swem­me­ry op Son­dae. Die S­tads­raad moet nou stand­punt in­neem Die teen­stan­ders voel dit is ver­re­gaan­de om swem in ‘n so­mer op ‘n Ka­roo­dorp te ver­bied.

T­waalf baie dap­per on­der­wys­stu­den­te gaan ‘n 200 myl lan­ge per­de­rit on­der­neem. Hul­le gaan el­ke dag on­ge­veer 30 myl af­lê. Die rit be­gin en ein­dig in Ca­litz­dorp. Hul­le sal via A­ma­lien­stein deur Se­we­weeks­poort, Bos­luis­kloof, Prins Al­bert, De Rust en dan al langs die voet van die Swart­ber­ge te­rug­kom Ca­litz­dorp toe.

Die per­de­rit gaan hul­le deur­set­tings­ver­moë en aan­pas­baar­heid toets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.