Dis weer tyd vir die Tim­ber­ci­ty Cy­cle Chal­len­ge

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS -

Die ge­wil­de Tim­ber­ci­ty Cy­cle Chal­len­ge vind op 30 Sep­tem­ber vir die agt­ste jaar op Oudts­hoorn plaas.

Met min pad­wed­ren­ne wat in die Suid-Kaap aan­ge­bied word, is hier­die wed­ren die i­de­a­le ge­leent­heid vir fiets­ry­ers om weg­spring­plek­ke in die Ca­pe Town Cy­cle Our 2019 te be­paal. Die Tim­ber Ci­ty Cy­cle Tour is ‘n amp­te­li­ke see­ding e­vent vir die Ca­pe Town Cy­cle Tour.

Vol­gens die or­ga­ni­seer­ders is die twee roe­tes die­self­de as ver­le­de jaar met die kort roe­te van 57 km wat by die Kan­go­grot­te draai en die 104 km roe­te wat by Mat­jies­ri­vier draai. Die lang roe­te is ‘n prag­ti­ge roe­te on­der die voet van die Swart­ber­ge. Dis ‘n uit­da­gen­de roe­te, maar be­slis die moei­te werd as die na­tuur­skoon in ag ge­neem word.

On­der die ge­sou­te fiets­ry­ers wat reeds in­ge­skryf het is An­ri­ët­te S­choe­man, die vroue wen­ner van 2017, wat haar ti­tel gaan ver­de­dig.

Die be­gin en ein­de van die wed­ren is voor Brain’s G­rill in Ba­ron van Ree­de­straat en be­gin Son­dag­og­gend om 07:30. Ge­du­ren­de die wed­ren sal Ba­ron van Ree­de­straat van­af St Johns­straat tot by Noord­straat, op 30 Sep­tem­ber tus­sen 06:00 en 13:30 ge­deel­te­lik ge­sluit wees. Die in­ko­men­de baan van­af die grot­te sal slegs vir fiets­ry­ers oop wees ter­wyl die uit­gaan­de baan vir twee­rig­ting­ver­keer ge­bruik sal word.

Soos in die ver­le­de sal men­se by el­ke krui­sing ge­plaas word om ver­keer uit dwars­stra­te te re­gu­leer en mo­to­ris­te word by voor­baat ge­vra om ge­dul­dig en be­dag­saam te wees.

In­skry­wings is oop en kan aan­lyn by www.cy­cleevents.co.za ge­doen word.

Fiets­ry­ers kan ook Sa­ter­dag­mid­dag 29 Sep­tem­ber, en Son­dag­og­gend voor die wed­ren in­skryf en re­gis­treer. Ver­de­re be­son­der­he­de oor die wed­ren is by www.e­den­cy­cling. co.za be­skik­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.