Jong man met mes dood­ge­steek

Oudtshoorn Courant - - NEWS - LIEZL VAN NIEKERK

‘n 18-ja­ri­ge man het die week in die Oudts­hoorn-land­dros­hof op aan­klag van moord ver­skyn na hy Jen­drick A­rends (22) Son­dag­nag met ‘n mes dood­ge­steek het.

Vol­gens A­rends se vrien­din, Ro­chel­le Bo­tha, was hul­le Sa­ter­dag­aand by ‘n dans ge­wees.

“Ons was ‘n groe­pie vrien­de wat saam­ge­gaan het. Ek en Jen­drick bly saam by my ou­er­huis. Ons was op pad te­rug huis toe en die man wat Jen­drick ge­steek het, het ag­ter ons aan­ge­loop.”

Vol­gens haar is die mo­tief ag­ter die moord nog on­dui­de­lik.

“Ons het by die huis aan­ge­kom en Ri­car­do Sam­boer het woor­de ge­had met Jen­drick. Hul­le het eg­ter nie ba­klei nie. Nie­mand het ge­skree nie en hul­le het ook nie aan me­kaar ge­slaan nie. Dit het ge­lyk of hul­le net met me­kaar praat toe stamp Ri­car­do vir Jen­drick. Een van ons vrien­de het toe ge­sien Jen­drick bloei en ag­ter­ge­kom hy is eint­lik in die skou­er ge­steek. Ons het nie eens ge­weet Ri­car­do het ‘n mes ge­had nie.”

Vol­gens Bo­tha het die ver­dag­te ge­vlug en die mes in ‘n toi­let af­ge­spoel.

Bo­tha sê hul­le het Jen­drick hos­pi­taal toe ge­neem en hy is na be­han­de­ling ont­slaan.

“Die dok­ter het ste­ke in­ge­sit en Jen­drick het ge­sê hy voel reg hy wil huis toe gaan. Ek het heel­tyd by hom in die ka­mer ge­sit. Hy het nog vir my ge­vra of ek nie dalk bie­tjie bui­te wil gaan sit nie, want ek sit al heel­dag by hom. Ek het op­ge­staan om te gaan was so­dat ons hom kan te­rug­neem hos­pi­taal toe. Hy het erg be­gin kla van ‘n pyn. Hy het ge­sê dit voel soos ‘n wind wat hom druk.”

Bo­tha sê sy het deu­ren­tyd met A­rends ge­praat en hom pro­beer kal­meer.

“Hy het vir my ge­sê hy dink hy gaan dood. Ek het nog vir hom ge­sê hy gaan niks oor­kom nie hy moet net rus­tig raak. Hy is ‘n ruk­kie la­ter in my arms oor­le­de.”

Sers. G­re­t­chen Mi­che­als, woord­voer­der van die Oudts­hoorn-po­li­sie, het ge­sê Sam­boer is Son­dag reeds op aan­klag van moord in heg­te­nis ge­neem.

Jen­drick A­rends

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.