O­pe­ra­sie-skoon­maak, elk­een se plig

Oudtshoorn Courant - - NEWS - TISHA STEYN

Al­te­saam 45 sak­ke rom­mel is ver­le­de week ty­dens ‘n skoon­maak-ak­sie langs die Grob­be­laars­ri­vier op Oudts­hoorn en die K­lein­ri­vier op De Rust op­ge­tel.

“Dit is skok­kend hoe­veel rom­mel nie in vul­lis­blik­ke be­land nie, maar som­mer goeds­moeds langs die twee ri­vie­re neer­ge­gooi word,” sê Su­san Bo­tha van Trap­suut­jies, wat die skoon­maak­ak­sie ge­ko­ör­di­neer het.

So­wat 100 vry­wil­li­gers en werk­ne­mers van ver­skil­len­de in­stan­sies en be­sig­he­de in Oudts­hoorn het ver­le­de Woens­dag die loop en oe­wer van die Grob­be­laars­ri­vier tus­sen St.

John- en Voor­trek­ker­straat skoon­ge­maak. Ver­le­de Vry­dag het so­wat 50 leer­ders van

De Rust P­ri­mêr die K­lein­ri­vier op De Rust skoon­ge­maak.

“Die jaar­lik­se skoon­maak-ak­sie gaan men­se nie oor­nag oor­tuig om nié rom­mel te strooi nie, maar dit maak men­se be­wus van die pro­bleem wat be­soe­de­ling skep,” sê Bo­tha.

Leer­ders het só kom­men­taar ge­le­wer: “Ons moet hier­die wa­ter kan drink, en ek wil nie,” het een ge­sê na aan­lei­ding van die mens­li­ke ont­las­ting op die oe­wer.

“Al hier­die goed is op pad see toe: dink net hoe siek is die vis­se in die ri­vier en die see.”

“’n Mens kan hier­die op­tel­goed her­win,” het nog een ge­sê wat be­sluit het om net blik­kies op te tel.

Al die rom­mel wat op­ge­tel is, is aan­ge­te­ken en ge­sor­teer en in ‘n ver­slag ver­vat wat ge­le­wer is aan Plas­ti­cs SA, wat die skoon­maak-ak­sie in Suid-A­fri­ka ko­ör­di­neer.

Die in­lig­ting word uit­ein­de­lik in ‘n in­ter­na­si­o­na­le ver­slag ver­vat wat vroeg in 2019 ge­pu­bli­seer word.

Vol­gens Bo­tha was daar 4 437 i­tems in die 45 sak­ke. “Dis neer­ge­gooi deur men­se wat nie be­wus is van die uit­wer­king van be­soe­de­ling op die om­ge­wing nie,” sê sy.

“Met hier­die skoon­maak­ak­sie wil ons men­se be­wus maak van die in­vloed van hul on­na­den­ken­de ak­sies. Dit is nie net van plaas­li­ke en na­si­o­na­le be­lang om die om­ge­wing met re­spek te be­han­del nie, maar ook van in­ter­na­si­o­na­le be­lang, want ons wil al­mal, ter wil­le van ons eie wel­stand, in ‘n ge­son­de wê­reld leef.”

Kon­tak Ma­ri­li­ze Beer by 065 801 4810 of ma­ri­li­ze­beer@y­a­hoo.ca of Su­san Bo­tha by 081 2484979 of s­bo­tha0@gmail.com vir meer in­lig­ting oor Trap­suut­jies se groen pro­jek­te. El­ke groe­pie van drie leer­ders wat rom­mel op­ge­tel het, moes el­ke i­tem op ‘n vorm aan­dui.

‘Al hier­die goed is op pad see toe: dink net hoe siek is die vis­se in die ri­vier en

die see.’

Fo­to’s: Tisha Steyn.

Vry­wil­li­gers en leer­ders van De Rust P­ri­mêr wat rom­mel langs die K­lein­ri­vier op­ge­tel het. INLAS: Leer­ders wat in groe­pe van drie elk ge­werk het, moes el­ke i­tem wat hul­le op­tel op ‘n vorm aan­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.