Jong A­ren­de val vas

Oudtshoorn Courant - - CLASSIFIEDS - AN­DRÉ STANDER

Die SWD o.20-rug­by­span is Vry­dag­mid­dag in 'n na­el­byt­stryd op Ou­te­ni­qua­park deur hul e­we­knie van G­rie­kwas met 21-20 ge­klop.

Die drie wat in die 55ste mi­nuut van die wed­stryd deur T­ri­stan Fou­rie (bin­ne­sen­ter) van die Jong A­ren­de ge­druk is en nie toe­ge­ken is nie, het 'n groot in­vloed op die uit­slag van die wed­stryd ge­had. Die as­sis­tent­skeids­reg­ter, Ja­son Jaf­tha het uit­ge­wys dat daar ob­struk­sie ge­pleeg is.

Die skeids­reg­ter, P­hum­zi­lo M­be­wu het in die twee­de helf­te van die wed­stryd vir An­ri Ma­ree (plaas­ver­van­ger-slot) met 'n geel­kaart van die veld ge­stuur.

Die Jong A­ren­de het in die 34ste mi­nuut van die eer­ste helf­te 'n groot te­rug­slag ge­kry toe A­dri­aan-Lee du P­reez (ha­ker) die veld weens 'n kop­be­se­ring veld moes ver­laat. Hy is ver­vang deur Way­ne Ca­me­ron.

SWD wat rus­tyd nog met 10-14 ag­ter was, het in die twee­de helf­te met 'n groot te­rug­veg­po­ging voor die dag ge­kom.

Roshwin A­bra­hams (heel­ag­ter) is in die 69ste mi­nuut en Jar­ret Ti­ties (slot) in die 74ste mi­nuut oor vir drieë wat die tuis­span met 20-14 laat voor­loop het.

Ru­an S­choltz (plaas­ver­van­ger-lin­ker­vleu­el) is in die dood­snik­ke van die wed­stryd vir die G­rie­kwas oor vir 'n drie. C­had­win No­vem­ber (los­ska­kel) het in die nat om­stan­dig­he­de met die doel­skop ge­slaag wat die be­soe­kers as oor­win­naars van die veld laat stap het. Die Jong A­ren­de het in die twee­de helf­te van die wed­stryd te veel han­teer­fou­te be­gaan. S­wak be­sluit­ne­ming om lie­wer die kant­lyn op te soek as om pa­le toe te skop het die span duur te staan ge­kom.

SWD se ys­ters voor­langs was S­ti­aan Gro­bler, flank en kap­tein, Mar­co Rau­ben­hei­mer, agt­ste­man, en die op­win­den­de slot van La­di­smith, Jar­ret Ti­ties. Ti­ties het baie goeie bal­le vir sy span in die lyn­sta­ne ge­wen, in die vas­te­los ge­woel en het met krag­ti­ge dryf­werk sy span tel­ke­ma­le oor die voor­deel­lyn ge­neem. Die jong seun is 'n ta­lent­vol­le spe­ler wat nog in die toe­koms diep spo­re kan trap in A­ren­de-rug­by.

Ag­ter­langs het Roshwin A­bra­hams, heel­ag­ter, Ro­nal­do Jan­sen, lin­ker­vleu­el, die sen­ter­paar, T­ri­stan Fou­rie en Curt­ley S­chee­pers, en Dar­ryn For­tuin, plaas­ver­van­ger-sen­ter, in die aan­val en ver­de­di­ging ge­skit­ter en ge­toon dat SWD oor baie ta­lent be­skik wat net ont­wik­kel moet word.

Die Jong A­ren­de speel Sa­ter­dag­mid­dag in hul laas­te wed­stryd in die Cur­rie­be­ker se o.20-kom­pe­ti­sie teen die Val­ke op die Bar­nard-sta­di­on in Kemp­ton Park. Vir die man­ne van die Suid-Kaap is dit eg­ter neu­sie ver­by om die uit­speel­ron­des te haal. Pun­te­ma­kers:

Jong A­ren­de 20 (10): Drieë - Ro­nal­do Jan­sen (lin­ker­vleu­el), Roshwin A­bra­hams (heel­ag­ter), Jar­ret Ti­ties (slot). A­bra­hams slaag ook met 'n doel­skop en 'n straf­doel.

G­rie­kwas 21 (14): Drieë - Mar­ti­an Nel (flank), Ti­aan Fou­rie (bin­ne­sen­ter), Ru­an S­chultz (plaas­ver­van­ger-lin­ker­vleu­el). C­had­win No­vem­ber (los­ska­kel) slaag met 2 doel­skop­pe en Glad­win Nieu­wen­hui­zen (reg­ter­vleu­el) klits ook 'n doel­skop oor.

Agt Oak­da­lers is die af­ge­lo­pe na­week in die SWD o.17-span op­ge­neem. Die proe­we het in Pot­chef­stroom plaas­ge­vind. In die ein­stryd het die Oak­da­lers teen Lan­gen­ho­ven Gim­na­si­um te staan ge­kom en Gim­mies 31-21 ge­klop. Die spe­lers wat ge­kies is, is Ti­no Sin­ge, Al­wich van der Lin­de, Ashwin Bo­tha, Sy­brand van Dyk, Ver­non Pau­lo, Mickél Stem­met, Ke­a­ton Busch en C­re­flo Wit­booi. Hul­le het Woens­dag vir die deel­na­me aan die in­ter­pro­vin­si­a­le 7’s-toer­nooi ver­trek. Voor, van links is C­re­flo Wit­booi (Ge­or­ge), Ke­vin de Kock (Mos­sel­baai), Cor­bin Cron­je (Ge­or­ge), Sy­brand van Dyk (Hei­del­berg), Ke­a­ton Busch (Ri­vers­dal), Mickél Stem­met (S­wel­len­dam) en Al­wich van der Lin­de (Oudts­hoorn). Ag­ter: Kay­lim Cor­dier (Ui­ten­ha­ge), Hen­drik Vic­tor (Mos­sel­baai), Lu­kas Holtz­hau­zen (af­rig­ter), Mat­thew S­te­phens (Ri­vers­dal), Ashwin Bo­tha (Ri­vers­dal), Ver­non Pau­lo (Ri­vers­dal), Ti­no Sin­ge (S­wel­len­dam), Bla­den Hec­tor (Ge­or­ge), Neil Fran­cis (span­be­stuur­der) en A­dri­aan Jan­sen (hulp­af­rig­ter).

Fo­to: An­ton Ge­ric­ke

Di­lan Bos­hoff, plaas­ver­van­ger-flank, rek sy treë. Hy is vlak voor die doel­lyn ge­stuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.