Lou­is Visser be­tyds te­rug vir groot wed­ren

Oudtshoorn Courant - - SPORT -

Lou­is Visser, wat ver­le­de jaar die Tim­ber­ci­ty Cy­cle C­hal­len­ge oor 104 km ge­wen het, sal van­jaar be­tyds te­rug wees in die land om sy ti­tel te ver­de­dig. Hy is tans in Eu­ro­pa waar hy vir 'n klub fiets­ry en sal eers teen die mid­del van Ok­to­ber te­rug­keer. Sy ske­du­le het eg­ter ver­an­der en hy sal hier­die na­week in Oudts­hoorn wees om Son­dag aan die agt­ste Tim­ber­ci­ty Cy­cle C­hal­len­ge deel te neem. Vol­gens Visser is dit nie i­de­aal om aan 'n wed­ren deel te neem so kort na 'n vlug nie, maar hy is ge­reed om sy ti­tel te ver­de­dig.

Vol­gens die or­ga­ni­seer­ders het die fiets­ry­span, Al­fa Bo­dy­works-Gi­ant, van die Kaap ook te ken­ne ge­gee dat hul­le gaan deel­neem.

Na aan­lei­ding van na­vrae oor 'n kor­ter roe­te vir kin­ders is daar ook be­sluit om 'n pre­troe­te van 8 km wat by die Ca­ves-af­tree­oord sal om­draai, in te stel. In­skry­wings kan steeds Sa­ter­dag­mid­dag en Son­dag­og­gend toe by B­ri­an's G­rill in Ba­ron van Ree­de­straat, ge­doen word. In­wo­ners word daar­aan her­in­ner dat die in­ko­men­de baan van Ba­ron van Ree­de­straat van­af die grot­te se kant, Son­dag tus­sen 06:00 en 13:30 vir ver­keer ge­sluit sal wees. Die uit­gaan­de baan sal vir twee­rig­ting­ver­keer ge­bruik word.

Lou­is Visser en An­rie­te S­choe­man, ver­le­de jaar se wen­ners van die mans- en vroue-af­de­ling van die Tim­ber­ci­ty Cy­cle C­hal­len­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.